Verskil tussen weergawes van "Eugene Marais-hospitaal"

geen wysigingsopsomming nie
== Geskiedenis ==
Die Eugène Marais-hospitaal staan op die terrein waar die [[Sewendedag Adventiste]] 'n homeopatiese hospitaal in die 1950's bedryf het. Die hospitaal is daarna deur 'n mev. Snyman in die Esperanza-kliniek, wat ook 'n ouetehuis was, omskep. In Mei 1968 is die gebou deur 'n groep dokters onder leiding van die psigiater, dr. J.P. Verster, gekoop.
 
In November 1985 word dit die eerste privaat hospitaal in Pretoria om magtiging vir die oplei van verpleegsters van die Suid-Afrikaanse Raad van Verpleging te ontvang. In dieselfde jaar is 'n bykomende vleuel geopen om die toeloop van pasiënte te akkomodeer.
 
In 2002 is dié hospitaal se nuwe harteenheid van R30 miljoen vir pasiënte oopgestel. In Julie 2006 is 'n rehablitasie-eenheid met 'n kapasiteit van 21 beddens op die grondvloer geopen.
 
== Sien ook ==