Verskil tussen weergawes van "Hendrik Steyn"

67 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
(→‎Bronne: Skakel)
 
== Gesinslewe ==
Ds. Steyn is op [[18 Desember]] [[1912]] met mej. [[Zerilda Steyn|Zerilda Minnaar]] (verkeerdelik volgens 'n ander bron Burger, haar ma se nooiensvan) getroud, aan wie die Universiteit van Stellenbosch 'n eredoktorsgraad toegeken het vanweë haar onvermoeide ywer vir stedelike behuising vir minderbevoorregtes. By sy afsterwe het Steyn sy vrou, twee dogters en 'n seun agtergelaat. Die seun, Jan H. Steyn, het later 'n regter geword.
 
Op Maandag [[29 Mei]] [[1933]] het die ''Carnarvon Castle'' met die eerste besending Afrikaanse Bybels anker gegooi in Tafelbaai. So groot was die vreugde en geesdrif dat etlike belangstellendes na die hawe gegaan het, om die swaar kiste met hul kosbare inhoud te verwelkom. Destyds was ds. Steyn self nie daar nie maar op reis saam met hoofsekretaris Wilkinson in die Oostelike Provinsie (vandaar die inlas van ds. Steyn se foto op die bekende foto van die aankoms van die eerste Afrikaanse Bybels by Bybelhuis in Kaapstad op Donderdag [[1 Junie]] [[1933]]).
84 930

wysigings