Verskil tussen weergawes van "Hendrik Steyn"

330 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
== Gesinslewe ==
Ds. Steyn is op [[18 Desember]] [[1912]] met mej. [[Zerilda Steyn|Zerilda Minnaar]] (verkeerdelik volgens 'n ander bron Burger, haar ma se nooiensvan) getroud, aan wie die [[Universiteit Stellenbosch]] 'n eredoktorsgraad toegeken het vanweë haar onvermoeide ywer vir stedelike behuising vir minderbevoorregtes. Drie kinders is uit die huwelik gebore: Hendrien, ten tyde van haar pa se dood woonagtig in [[Pretoria]], Zerilda, wat haar ma se naam gekry het, maar onder haar kennisse bekend was as Bee, en hulle seun Jan, regter Jan H. Steyn, van Kaapstad.
 
== Sy dood ==
Terwyl sy dogter hom van die Bybelhuis in Kaapstad na sy woning in [[Pinelands]] vervoer het, is hy plotseling in die motor oorlede. As teks vir sy begrafnisrede het ds. H.C. Kinghorn van die [[NG gemeente Pinelands|gemeente Pinelands]], Ester 10:3 gekies: "Hy was groot en 'n liefling by die menigte van sy volk."
 
== Bronne ==
84 930

wysigings