Verskil tussen weergawes van "NG gemeente Roodepoort"

geen wysigingsopsomming nie
Die '''NG gemeente Roodepoort''' is 'n gemeente van die [[Nederduitse Gereformeerde Kerk]] in die Sinode van Wes-Transvaal.
 
Die gemeente is gestig in 1905. Die kerkgebou is geleë op die hoek van Rubidgelaand en Orangeweg, [[Roodepoort]]-Wes. In 2013 was die gemeente vakant. Daar was in daardie jaar 48 doop- en 280 belydende lidmate.
 
== Geskiedenis ==
Die gemeente is op [[17 Mei]] [[1905]] van [[NG gemeente Krugersdorp|Krugersdorp]] afgestig. Ds. Gustav Radloff (leraar van Krugersdorp) was die eerste konsulent. Ds. C.A. van der Merwe was in die tyd hulpprediker van genoemde gemeente en is op [[26 Junie]] [[1905]] na die afgestigte gemeente beroep. Op [[2 September]] van dieselfde jaar is hy bevestig en dien tot 1909. 'n Kerkmeester is aangestel, maar wat sy pligte sou wees, word nie vermeld nie.
 
Eers is 'n pastorie vir die bedrag van £843 gebou, en om die geld te vind moes die kerkraad sy bankrekening met £600 oortrek. Die salaris van die predikant is vasgestel teen £300 per jaar. Aan hom is 'n bedrag van £2.10.0 vir reparasie aan sy rywiel en £1.10.0 per maand vir "paarden voer" toegeken. Die bestaande skoolgeboutjie wat as vergaderplek moes dien is vergroot met 76 sitplekke vir die bedrag van £76.10.0.
 
Ná ds. Van der Merwe volg: di. J.F. Naudé, P.J. Ebersohn, T.D. Potgieter (1926–'31), in wie se tyd die kerkgebou ingewy is in 1927, Ph. Pistorius (1932–36), J.C.G. Kotzé (1936–'37), D.J.J. de Vos (1937–'40), J.F. de Vos, hulpleraar (1937–'40) — sierlike saal as eeufeesmonument opgerig, 1938, [[Cornelis Bertie Bring|C.B. Brink]] (1941–'45), R.J.N. van Tonder, medeleraar (1945–'48), M.C. Hattingh (1946–'49), H.W. Ziervogel (1949) en Joz. P. Theron (1951).
 
Gedurende 1946 is [[NG gemeente Luipaardsvlei|Luipaardsvlei]] afgestig, en [[NG gemeente Ontdekkers|Ontdekkers]] in 1947. Gedurende 1949 is Roodepoort deur 'n geweldige orkaan getref. Ontsettende materiële skade is aangerig en talle van ons gemeentelede was dakloos. Op wonderbaarlike wyse was daar onder ons gemeente geen lewensverlies nie. Ook die materiële skade is spoedig herstel met behulp van gulle ondersteuning wat in die vorm van geldelike bydraes uit alle oorde ingestroom het.
 
In 1951 was die ledetal van die gemeente ongeveer 1 750. In 1952 berig ''[[Ons gemeentelike feesalbum]]'': "As onthou word dat die gemeente in 1905 met 400 lidmate gestig is en dat die ledetal saam met dié van die dogtergemeentes vandag ongeveer 3 200 tel, dan kan die indruk gevorm word van die geweldige uitbreiding wat ons Kerk in hierdie omgewing in die afgelope halfeeu belewe het."
 
== Enkele leraars ==
85 183

wysigings