Verskil tussen weergawes van "Dorslandtrek"

geen wysigingsopsomming nie
Benewens ’n aantal kleiner trekke het drie groot trekgroepe tussen 1892 en 1894 by die trekkers in [[Angola]] aangesluit. Die laaste van die groot trekgeselskappe het in 1906 in [[Angola]] aangekom, hoewel kleiner groepe en individue tot 1928 by die [[Angola-Boere]] aangesluit het.
 
Naas [[Humpata]] en [[Caconda]] het die [[Angola-Boere]] hulle ook op plekke soos [[Mombolo]], [[Bié]], die [[Sandveld[[]], [[Cubal]] en [[Que]] gevestig. Die meeste het ’n bestaan uit gemengde boerdery, transportry en jag gemaak. Vir naastenby 50 jaar het die [[Angola-Boere]] ’n deurslaggewende rol in die geskiedenis en ekonomiese ontwikkeling van Angola gespeel.
Mettertyd het die aanvanklike goeie verhoudinge met die Portugese owerheid versleg. 'n Trekker-afvaardiging het in die jare twintig die administrasie van [[Suidwes-Afrika]] en die Unie se minister van lande ontmoet. Skikkings is in 1928 bereik vir hulle oorkoms na Suidwes-Afrika. Die Unie-regering het 500 000 pond beskikbaar gestel om hulle vervoer en vestiging te betaal. Altesaam 350 gesinne (wat op 1 900 mense neergekom het) het na Suidwes-Afrika verhuis. Net 53 gesinne het in Angola agtergebly.
 
12

wysigings