Verskil tussen weergawes van "Amasone (mitologie)"

geen wysigingsopsomming nie
k (French spelling (Emile -> Émile: fr:Pierre-Eugène-Émile Hébert))
[[Lêer:Amazon preparing for the battle (Queen Antiope or Armed Venus) - Pierre-Eugene-Emile Hebert 1860 - NG of Arts Wash DC rotated and cropped.jpg|rightregs|thumbduimnael|’n Amasone berei voor vir oorlog, deur Pierre-Eugène-Émile Hébert, 1860 (Nasionale Kunsgalery, [[Washington]]).]]
Die '''Amasones''' ([[Grieks]]: Ἀμαζόνες) was in die [[Griekse mitologie]] ’n nasie van vroulike vegters. Volgens [[Herodotus]] het hulle gewoon in ’n streek wat grens aan [[Skitië]] in [[Sarmasië]] (hedendaagse [[Oekraïne]]). Sommige ander dink hulle was van [[Klein-Asië]] of [[Libië]].
 
Die '''Amasones''' ([[Grieks]]: Ἀμαζόνες) was in die [[Griekse mitologie]] ’n nasie van vroulike vegters. Volgens [[Herodotus]] het hulle gewoon in ’n streek wat grens aan [[Skitië]] in [[Sarmasië]] (hedendaagse [[Oekraïne]]). Sommige ander dink hulle was van [[Klein-Asië]] of [[Libië]].
Noemenswaardige koninginne van die Amasones was [[Penthesilea]], wat aan die [[Trojaanse Oorlog]] deelgeneem het, en haar suster [[Hippolyta]], wie se towergordel betrokke was by een van [[Herakles]] se take. Amasone-plunderaars is in klassieke kuns dikwels uitgebeeld in gevegte met Griekse vegters.
 
Noemenswaardige koninginne van die Amasones was [[Penthesilea]], wat aan die [[Trojaanse Oorlog]] deelgeneem het, en haar suster [[Hippolyta]], wie se towergordel betrokke was by een van [[Herakles]] se take. Amasone-plunderaars is in klassieke kuns dikwels uitgebeeld in gevegte met Griekse vegters.
 
Die Amasones is verbind met verskeie historiese volke regdeur die tydperk van die [[Romeinse Ryk]] en laat antieke tyd. In die Romeinse geskiedenis is daar verskeie verslae van plundertogte in Klein-Asië deur Amasones. Sedert die vroeë moderne tyd is hulle naam sinoniem met vrouevegters in die algemeen.
 
== Geskiedenis ==
Die Amasones het glo in [[Pontus]], in die hedendaagse [[Turkye]], aan die [[Swartsee]] gewoon. Hulle het ’n onafhanklike koninkryk gestig onder leiding van koningin Hippolyta of Hippolyte ("toomlose merrie"). Hulle het glo baie dorpe gestig, soos [[Smirna]] en [[Efese]]. Volgens die dramaturg [[Aiskilos]] het hulle lank gelede in [[Skitië]] (die hedendaagse [[Krim]]) naby die [[Azof-see]] gewoon, maar later na die hedendaagse Noord-Turkye getrek.
 
[[Herodotus]] het hulle ''Androktones'' ("manne-moordenaars") genoem en in die ''[[Ilias]]'' staan hulle bekend as ''Antianeira'' ("hulle wat soos mans veg").
 
[[Lêer:Thalestris, Queen of the Amazons, visits Alexander (1696).jpg|leftlinks|thumbduimnael|240px|[[Thalestris]], koningin van die Amasones, besoek [[Alexander die Grote]] (1696).]]
In sommige weergawes van die mite is geen man toegelaat om ’n seksuele verhouding met een van hulle te hê of in hul land te woon nie. Om te keer dat hulle uitsterf, het hulle ’n buurstam, die [[Gargareane]], een keer per jaar besoek. Die seuns wat uit hierdie ontmoetings gebore is, is óf doodgemaak óf na hul pa's teruggestuur óf in die wildernis gelos; die dogters is deur hul ma's grootgemaak en opgelei in landbou, jag en oorlogvoering. In ander weergawes het die Amasones nie al die mans doodgemaak in ’n oorlog nie. Die oorlewende mans is as slawe geneem en een of twee keer per jaar het die vroue met hulle seks gehad.<ref>[[Strabo]] xi. 503.</ref>
 
Hulle kom in die Griekse kuns van die [[Archaïese Tyd]] voor, asook in verskeie Griekse legendes. Hulle het [[Licië]] binnegeval, maar is deur [[Bellerophon]] verslaan wat deur hul koning, [[Iobates]], gestuur is om teen hulle te veg in die hoop dat hulle hom sou doodmaak (''Ilias'', vi. 186). Die graf van [[Myrine]] word in die ''Ilias''genoem; volgens latere interpretasies was sy ’n Amasone: volgens [[Diodorus Siculus|Diodorus]],<ref>Book ii.45-46; book iii.52-55.</ref> het koningin Myrine haar Amasones tot oorwinning gelei teen Libië en ’n groot deel van Gorgon.
 
Hulle het die [[Frigië]]rs aangeval wat gehelp is deur [[Priam]], toe ’n jong man (''Ilias'', iii. 189). In sy latere jare het sy ou teenstanders onder koningin [[Penthesilea]] "van Thrakiese geboorte" egter sy kant gekies teen die Grieke. Sy is deur [[Achilles]] verslaan. <ref>Die verhaal, deur [[Arctinus van Miletus]], het verlore gegaan; net verwysings daarna bestaan nog.</ref>
 
Een van die take wat [[Herakles]] moes uitvoer, was om die Amasone-koningin [[Hippolyta]] se towergordel in die hande te kry (''[[Apollodorus]]'' ii. 5). Hy is vergesel van sy vriend [[Theseus]], wat prinses [[Antiope (mitologie)|Antiope]], Hippolyte se suster, ontvoer het. Dié insident het gelei tot ’n wraakaanval teen [[Attica]] waarin Antiope dood is terwyl sy aan Theseus se sy geveg het. In ander weergawes trou Theseus egter met Hippolyta en in ander trou hy met Antiope en sterf sy nie. Die geveg tussen die Atheners en die Amasones word herdenk met ’n hele genre kuns in marmer-reliëfwerke, soos van die [[Parthenon]] of die beeldhouwerke van die [[Mausoleum van Halicarnassus]].
 
Die Amasones het glo ook die [[Swart See]]-eiland [[Leuke]] aan die mond van die [[Donau]]rivier aangeval waar Achilles se as gelê het. Die gees van die afgestorwe held het verskyn en die perde so laat skrik dat hulle hulle ruiters afgegooi en op hulle getrap het, en die Amasones moes onttrek.
 
Hulle kom ook voor in die tyd van [[Alexander die Grote]]. Van sy biografieskrywers noem dat die Amasone-koningin [[Thalestris]] hom besoek het en ’n kind by hom gehad het. Verskeie ander biografieskrywers ontken dit egter, onder andere die gerekende [[Plutarch]]. In sy geskrifte noem hy hoe ’n vlootaanvoerder van Alexander, [[Onesicritus]], die deel oor die Amasones voorgelees het aan koning [[Lysimachus]] van [[Thrakië]], wat op die oorspronklike ekspedisie was. Die koning het vir hom geglimlag en gesê: "En waar was ek dan?"
Die name sluit in:
* [[Penthesilea]], die koningin wat aan die [[Trojaanse Oorlog]] deelgeneem het.
* Ainiaan, vyand van [[Achilles]], een van die twaalf wat Penthesilea na die Trojaanse Oorlog vergesel het.
* Antianara, wat Penthesilea opgevolg het as koningin. Sy is die bekendste daarvoor dat sy opdrag gegee het dat haar manlike slawe vermink en gekastreer word, aangesien "die kreupeles die beste liefde maak".
* Antibrote, een van die twaalf wat Penthesilea vergesel het in Quintus Smyrnaeus se ''Posthomerica'' (book i)
* [[Antiope (mitologie)|Antiope]]
* Asteria, die sesde Amasone wat deur Herakles doodgemaak is
 
== Verwysings ==
:''Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [http[://en.wikipedia.org/wiki/:Amazons]]
{{Verwysings}}
<references/>
 
== Bronne ==
* Pauly-Wissowa, ''Realencyclopadie''
* [[W.H. Roscher]], ''Lexikon der Mythologie'' (in Duits)
* Theobaldo Miranda Santos, ''Lendas e mitos do Brasil'' (Companhia Editora Nacional, 1979) (in Portugees)
* W. Stricker, ''Die Amazonen in Sage und Geschichte'' (1868) (in Duits)