Verskil tussen weergawes van "Pous Benedictus XIV"

k
Opruim
k (Opruim)
|opvolger=[[Pous Clemens XIII|Clemens XIII]]
|geboortedatum=[[31 Maart]] [[1675]]
|geboorteplek= [[Bologna]], [[Italië]]
|sterftedatum=[[3 Mei]] [[1758]]
|sterfteplek=[[Rome]], [[Italië]]
'''Benedictus XIV''' was die 247ste [[pous]] van die [[Rooms-Katolieke Kerk]] vir 17 jaar, 9 maande en 17 dae, van [[1740]] tot [[1758]]. Hy word gesien as die grootste pous uit die 18de eeu.<ref>Duroselle J-B. 1949. ''Histoire du Catholicisme'', Que Sais-je ?</ref> Hy het 'n groot aantal briewe en ensiklieke geskrywe. Vir die twee teenpouse met dieselfde naam sien [[Teenpous Benedictus XIV]].
 
== Biografie ==
'''Pous Benedictus XIV'''<ref>De Montor, Artaud, Chevalier de. 1911. The Lives and Times of the Popes. The Catholic Publications Society, New York.</ref><ref>Benedict XIV. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.</ref> is gebore as '''Prospero Lorenzo Lambertini''' (ook '''Prosper Lambertini''') op [[31 Maart]] [[1675]] in [[Bologna]], [[Italië]]. Hy stam uit 'n adellike familie, sy pa was Marcello Lambertini en sy ma Lucrezia Bulgarini. Hy kry sy skoolopleiding by die Somaschi priesters in Bologna. Vanaf [[1688]] studeer hy retorika, filosofie en teologie aan die "Collegium Clementinum" in [[Rome]]. Op [[11 September]] [[1694]] behaal hy sy doktorsgraad aan die La Sapienza universiteit in Rome, hy was toe 19 jaar oud. Op [[12 Junie]] [[1724]] word hy titulêr biskop van Theodosia. Op [[9 Desember]] [[1726]] word hy kardinaal en op [[20 Januarie]] [[1727]] word Lambertini aartsbiskop van Ancona, daarna kardinaal-priester van Santa Croce in Gerusalemme op [[10 Mei]] [[1728]] en op [[30 April]] [[1731]] aartsbiskop van Bologna en raadgewer van [[Pous Clemens XII]]. Op [[17 Augustus]] [[1740]] volg hy [[Pous Clemens XII]] op en word gekroon op [[21 Augustus]] [[1740]] deur kardinaal Carlo Maria de' Marini. Hy regeer tot sy dood op [[3 Mei]] [[1758]] en word opgevolg deur [[Pous Clemens XIII]].
Die naam ‘Benedictus’ beteken 'geseënde'.
 
=== Kerklike loopbaan ===
* [[12 Junie]] [[1724]] - Titulêr Aartsbiskop van Teodosia.
* [[20 Januarie]] [[1727]] – Aartsbiskop-biskop van Ancona en Umana.
* [[10 Mei]] [[1728]] – Kardinaal-priester van S. Croce in Gerusalemme.
* [[17 Augustus]] [[1740]] – Pous van Rome.
 
== Pontifikaat ==
Na 'n moeisame konklaaf van meer as ses maande word Lambertini verkies as '''Pous Benedictus XIV'''.<ref>Healy, P. (1907). Pope Benedict XIV. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek Maart 16, 2011 by: http://www.newadvent.org/cathen/02432a.htm</ref>. Sy pontifikaat is gekenmerk deur groot hervormingsgesindheid. Hy hervorm veral die opleiding van priesters en die pouslike instellings. Op [[22 Desember]] [[1741]] verbied hy in die bul "Immensa Pastorum pricipis" die verslawing van die inheemse volke van Amerika. In die ritestryd tussen die Jesuïte aan die een kant en die Franciskane en Dominikane aan die ander kant kies hy die kant teen die Jesuïte. Hy verbied in die bulle "Ex quo singulari" van [[11 Julie]] [[1742]] en "Omnium sollicitudinum" die Chinese rites en die verering van voorvaders en Confusius. Baie Chinese bekeerlinge het die Roomse Kerk toe verlaat. Die verbod is later deur [[Pous Pius XII]] in [[1939]] aangepas. In sy bul "De servorum Dei Beatificatione" bevestig hy die bemiddelaar rol van Maria. Hy is die eerste pous die ensiklieke gebruik. In sy ensikliek "Allatae sunt" van [[26 Julie]] [[1755]] steun hy egter die Unitate om hulle eie Oosterse rites te behou. Op [[16 Oktober]] [[1756]] veroordeel hy in die bul "Ex Omnibus" die gebruik om die sakrament van die sterwendes te weerhou van Franse geestelikes wat hulle nie by die bul "Unigenitus" (teen die Jansenisme) neer lê nie.
 
In die pouslike staat verminder hy die belastingdruk, moedig die landbou aan en steun vryhandel. In die stryd met die wêreldlike owerhede oor wie biskoppe mag aanstel tree hy versoenend op. Hy doen baie toegewings in die konkordate van Napels (1741), Spanje (1753) en Oostenryk (1757). Hy erken ook Frederik II van Pruise as koning.
 
Benedictus was sy lewe lank aktief as geleerde en het verskeie akademies opgerig. Hy het 'n aantal wetenskaplike werke geskrywe, waaronder "De beatificone et canonisatione", "De synode diocesana", "Opera" (in 17 dele) en "Opera inedita".
[[ImageLêer:BentoXIVb.jpg|thumbduimnael|regs|200px|Grafmonument van Benedictus XIV deur Pietro Bracci (1758)]]
 
=== Die kollege van kardinale ===
Pous Benedictus XIV het 64 nuwe kardinale aangestel in sewe konsistories. Weens die omvang van die lys word dit '''[[Lys van kardinale aangestel deur Pous Benedictus XIV|hier]]''' gehou.
 
=== Saligverklarings ===
* [[14 Desember]] [[1740]] - Stephana de Quinzanis
* [[23 April]] [[1741]] - Alessandro Sauli
* [[22 September]] [[1741]] - Alvarez van Cordova
* [[6 Oktober]] [[1741]] - Niccoló Albergati.
* [[7 April]] [[1742]] - Camillus de Lellis
* [[21 April]] [[1742]] - Jeanne de Valois
* [[15 Mei]] [[1743]] – Benedictus die Afrikaan
* [[11 September]] [[1743]] - Francis Patrizzi
* [[7 Julie]] [[1745]] - Pacificus van Ceredano
* [[29 September]] [[1747]] - Jerome Emiliani
* [[9 Mei]] [[1748]] – Alberto van Bergamo
* [[9 Mei]] [[1748]] - Giles van Santarem
* [[18 Augustus]] [[1748]] - Joseph Calasanz
* [[25 Februarie]] [[1750]] - Ramon Lull
* [[23 Julie]] [[1750]] - Henry van Treviso
* [[1750]] - Ladislas van Gielniów
* [[1750]] - Marcolino Amanni
* [[21 November]] [[1751]] - Jeanne de Chantal
* [[24 Februarie]] [[1753]] - Joseph (Giuseppi) van Cupertino
* [[25 April]] [[1753]] - John Liccio
* [[20 Mei]] [[1753]] - Juliana van Collalto
* [[19 September]] [[1753]] - Gabriel Ferretti
* [[17 Julie]] [[1754]] - Seraphina (Sueva) Sforza
* [[11 September]] [[1754]] - Giovanna van Orvieto
* [[1755]] - Oderik av Pordenone
* [[17 Maart]] [[1756]] - Fortis Gabrielli
* [[27 Julie]] [[1757]] - (H)ugo degli Atti
* ???? - Torello van Poppi
 
=== Heiligverklarings ===
* [[13 Desember]] [[1741]] - Pedro González
* [[1742]] - Gery van Monte Santo
* [[29 Junie]] [[1746]] - Camillus de Lellis
* [[29 Junie]] [[1746]] - Pedro Regalado
 
=== Bulle, briewe, ensiklieke en dekrete ===
* [[3 Desember]] [[1740]] - Ubi Primum – Oor die pligte van biskoppe.
* [[30 Mei]] [[1741]] – Non ambigimus – Oor vas.
* [[30 Junie]] [[1741]] – Pro exima tua – Aan Charles Emmanuel, koning van Sardinië, teen merkantilisme.
* [[30 Junie]] [[1741]] - Quanta Cura – Verbod op die handel in aalmoese.
* [[22 Augustus]] [[1741]] - In suprema Universalis – Oor vas.
* [[26 Augustus]] [[1741]] – Quamvis paternae – Oor Apostoliese protonotarii.
* [[4 November]] [[1741]] – Benedictina – Oor die geldigheid van gemengde huwelike.
* [[17 November]] [[1741]] – Satis vobis compertum – Oor die huwelik.
* [[22 Desember]] [[1741]] - Immensa Pastorum pricipis – Teen die verslawing van die inheemse Amerikaanse volke.
* [[7 Februarie]] [[1742]] – Etsi mimine – Geloof nie genoeg vir saligheid nie.
* [[11 Julie]] [[1742]] – Ex quo singulari – Teen akkommodasie van heidense praktyke.
* [[14 Desember]] [[1742]] – Cum illud semper – Oor vakante gemeentes.
* [[23 Maart]] [[1743]] – Quemadmodum preces – Oor gebede vir die monarg.
* [[18 Mei]] [[1743]] - Nimiam Licentiam – Oor die geldigheid van gemengde huwelike.
* [[2 Februarie]] [[1744]] – Inter omnigenas – Oor die vervolging in Serwië onder die Turke.
* [[19 Augustus]] [[1744]] – Cum semper oblatas – Priesters moet gereeld die mis opdra.
* [[10 Junie]] [[1745]] – Libentissime quidem – Oor die Paasvaste.
* [[8 September]] [[1745]] – Gravissimum supremi – Oor korrupsie en sending.
* [[1 November]] [[1745]] - Vix Pervenit – Oor woekerwins en ander oneerlike wins.
* [[12 Januarie]] [[1746]] - Urbem Romanam – Oor die bestuur van Rome.
* [[16 Julie]] [[1746]] – Accepimus praestantium – Oor die kruisbeeld op die altaar gedurende die mis.
* [[16 Desember]] [[1746]] – Quermadmodum nihil – Oor gebed.
* [[1 Januarie]] [[1748]] – Inter caetera – Oor karnaval.
* [[29 Junie]] [[1748]] - Magnae Nobis – Oor huweliksbeletsels en vrystellings.
* [[19 Februarie]] [[1749]] – Annus qui hunc – Oor die onderhoud van kerkgeboue.
* [[5 Mei]] [[1749]] - Peregrinantes – Proklamasie van die Heilige Jaar 1750.
* [[26 Junie]] [[1749]] - Apostolica Constitutio – Voorbereiding vir die Heilige Jaar.
* [[31 Oktober]] [[1749]] – Gravissimo animi – Verbod op die besoek aan nonnekloosters.
* [[3 Desember]] [[1749]] – Inter praeteritos – Die komende Heilige Jaar 1750.
* [[18 Maart]] [[1751]] – Providas Romanorum – Teen Vrymesselary
* [[2 Junie]] [[1751]] – Magno cum animi – Oor private oratoria.
* [[14 Junie]] [[1751]] - A Quo Primum – Oor die vreedsame samelewing van Jode en Christene.
* [[9 Julie]] [[1753]] – Sollicita ac provida – Herorganisasie van die Indeks van verbode boeke.
* [[26 Junie]] [[1754]] - Cum Religiosi – Oor godsdiensonderrig.
* [[1 Augustus]] [[1754]] - Quod Provinciale – Oor die gebruik van Mohammedaanse name deur Christene.
* [[26 Julie]] [[1755]] - Allatae Sunt – Oor die Oosterse Rites.
* [[8 Augustus]] [[1755]] – Quam ex sublimi – Oor die Apostoliese Vikaris vir Oos-Indië.
* [[1 Maart]] [[1756]] - Ex Quo – Oor die Euchologion (Bisantynse liturgieboek).
* [[16 Oktober]] [[1756]] - Ex Omnibus – Oor die bul Unigenitus.
* [[2 Augustus]] [[1757]] – Quam grave – Teen die opdra van die Mis deur nie-priesters.
 
== Bibliografie ==
* Artaud de Montor, Alexis, Chevalier de. (1911) The lives and times of the popes (vertaal vanaf "Les vies des papes") The Catholic publication Society of America, New York. Heruitgee: Kessinger Publishing. http://www.saint-mike.org/library/ papal_library/default.asp
* Duff, Eamon (2001). ''Saints and Sinners: A History of the Popes'', Yale University Press. ISBN 03000916560-300-09165-6.
* Maxwell-Stuart, P. G. (2002). ''Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present'', Thames & Hudson. ISBN 05000179800-500-01798-0.
* Bettanini, A. M. (1931), ''Benedetto XIV. e la repubblica di Venezia'', Milaan.
* Caraccioli, Louis-Antoine (1766 en 1783), ''La vie du Pape Benoît XIV'', Luik (1766) en Parijs (1783).
* Pederzini, Novello. (1961), ''L'apporto di papa Benedetto XIV. alla dottrina e alle disciplina del matrimonio'', Rome
* Raybaud, Léon Pierre. (1963), ''Papauté et pouvoir temporel sous les pontificats de Clément XII et Benoît XIV''
* Valenti, Tommaso (1938), ''Papa Lambertini umoristico'', Rome
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
== Eksterne skakels ==
{{En-Wikisource info|Catholic Encyclopedia (1913)/Pope Benedict XIV}}
* {{CE|http://www.newadvent.org/cathen/02432a.htm}}
{{Commons|Benedictus XIV}}
 
== Nota ==
Saamgestel en vertaal uit die [[:nl:Paus Benedictus XIV|Nederlandse]], [[:en:Pope Benedict XIV|Engelse]], [[:de:Benedikt XIV. (Papst)|Duitse]] en [[:fr:Benoît XIV|Franse]] wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
 
== Opvolging ==
{{s-start}}
{{s-bef|voor=Jacopo Kardinaal Boncompagni}}
{{s-ttl|titel=Aartsbiskop van Bologna|jare=[[1731]][[1740]]}}
{{s-aft|na=Vincenzo Malvezzi}}
{{s-bef|voor=[[Pous Clemens XII|Clemens XII]]}}
{{s-ttl|titel=Pous (Pontifex Maximus)|jare=[[1740]][[1758]]}}
{{s-aft|na=[[Pous Clemens XIII|Clemens XIII]]}}
|}
{{pouse}}
{{teenpouse}}
Basis URL: http://nl.wikipedia.org/wiki/Paus_Benedictus_XIV
 
[[Kategorie:Pouse|Benedictus XIV]]