Verskil tussen weergawes van "Rekenaardrukker"

Geen grootteverandering nie ,  5 jaar gelede
k
spelling
k (spelling)
k (spelling)
[[Lêer:Lexmark X5100 Series.jpg|thumb|regs|300px|'n Lexmark multifunksionele drukker.]]
 
'n '''Rekenaardrukker''' of meer algemeen na verwys as 'n '''drukker''' is 'n toestel wat 'n harde kopie skep (permanente menslik leesbare [[teks]] en/of [[grafika]] vanaf dokumente in elektroniese vorm gewoonlik op fisiese media soos [[papier]] of [[transpiranttransparant]]e). Baie drukkers word hoofsaaklik gebruik as [[randtoestel]]le vir [[rekenaar]]s en word gewoonlik direk aan die rekenaar verbind en dien as bron vir gedrukte dokumente vir die gebruiker daarvan. Ander drukkers bekend as netwerkdrukkers het 'n ingeboude [[rekenaarnetwerk|netwerk-koppelvlak]] (tipies 'n [[Ethernet]] netwerk) en kan dien as 'n bron van gedrukte dokumente vir al die gebruikers wat aan die netwerk verbind is. Verder kan baie moderne drukkers direk verbind word met elektroniese media soos [[geheuestokkie]]s of [[geheuekaart]]e of aan beeldopname toerusting soos [[digitale kamera]]s en [[skandeerder]]s, terwyl ander drukkers gekombineer word met 'n skandeerders en/of 'n [[faksmasjien]] om 'n enkele eenheid te vorm. 'n Drukker wat met 'n skandeerder gekoppel is kan dan ook as 'n [[fotokopieërder]] dien.
 
Drukkers wat ontwerp word vir lae volume, korte duur drukwerk; vereis bykans geen opsteltyd vir die maak van 'n gedrukte kopie van 'n gegewe dokument nie. Drukkers is egter oor die algemeen stadige toestelle (10 bladsye per minuut word as vinnig beskou; en baie drukkers vir die gewone gebruiker is selfs baie stadiger as dit) en die koste per bladsy is relatief hoog. In teenstelling daarmee word 'n tipiese [[drukpers]] (wat dieselfde funksie dien) ontwerp en geoptimiseer om hoë volume drukwerk soos [[koerant]]e te doen en is in staat om honderde bladsye per minuut te druk en die drukkoste per eksemplaar is gewoonlik maar 'n fraksie van 'n gewone rekenaardrukker. Die drukpers bly dus daarom die mees geskikte masjien vir hoë volume, professionele drukwerk. Rekenaardrukkers se kwaliteit het egter die afgelope paar jaar met rasse skrede verbeter en word baie drukwerk deesdae op lokale drukkers gedoen wat voorheen slegs deur professionele [[drukkery]]e gedoen is.
== Drukkertegnologie ==
 
Drukkers word gereeld geklassifiseer volgens die onderliggende drukkertegnologie wat ingespan word en daar bestaan verskeie tegnologieë wat oor die jare ontwikkel is. Die keuse van druktoestel het 'n beduidende impak op die drukwerk waarvoor die drukker geskik is, aangesien die verskeie tegnologieë verskil ten opsigte van die kwaliteit, drukspoed, koste en geraasvlakke waartoe hulle in staat is. Verskeie drukkers is byvoorbeeld ook ongeskik vir sekere fisiese media (soos byvoorbeeld [[kladpapier]] of [[transpiranttransparant]]e).
 
=== Moderne drukkertegnologie ===
 
==== Termiese wasdrukkkers ====
'''Termiese inkdrukkers''' wat ook soms as '''faseveranderingsdrukkers''' bekend staan is 'n soort [[termiese drukker]]. Hulle gebruik soliede, gekleurde was-stokkies wat op die medium gesmelt word. Hulle word algemeen gebruik as kleurdrukkers in kantore en is uiters geskik vir drukwerk op media wat nie poreus is nie, soos onder andere op transpirantetransparante. Die kostes van hierdie drukkers is soortgelyk as dié van 'n laserdrukkers. Die nadele van hierdie drukkers is dat hulle kragverbruik baie hoog is. Verder is [[Xerox]] ook die enigste vervaardiger van hierdie soort drukker.
 
==== Inksublimasiedrukkers ====
12 721

wysigings