Verskil tussen weergawes van "Slag van Magersfontein"

k
spelling
k (spelling)
Op hierdie stadium toe dit duidelik word dat die Langberg deel van die linie geen bedreiging in die gesig gestaar het nie, het die Potchefstroom Kommando onder bevel van Generaal Andries Cronje hulle posisies ontruim en onder leiding van Generaal Naas Ferreira agter "Scrub Ridge" posisie ingeneem om sodoende die Vrystaatse kommando's te versterk. 'n Dapper teenaanval deur Ferreira is toe begin om besit te neem van die grond tussen die Highlanders by "Horse Artillery Hill" en "Scrub Ridge" en die Highlanders wat voor die loopgrawe vasgepen was onder hewige bombardement van kanonne waarvan die vuur deur verkenners in 'n balon gerig is. (Baie kritiek is uitgespreek oor Methuen se besluit om die aanval te loods voordat die balon in plek was om die Boereposies te kon bespied.)
 
'n Poging van Luitenant-Kolonel Hughes-Hallet om hierdie dreigende wig wat Ferreira se aanval in die linies toe te stop is verkeerdelik deur die Highlanders as 'n algemene ontrekkingonttrekking geïnterpreteer en het hulle oraloor op die vlug begin slaan. Hierdie aksie het die Boere 'n uitstekende teiken verskaf en die Highlanders is verdere gevoelige verliese toegedien. Die Boere se 75 mm Krupp kanon bo-op Magersfontein kop wat die heeldag stil was het ook op die stadium losgebrand en verdere chaos en verwarring onder die Highlanders gesaai. Die oorblywende Highlanders het agter "Headquarters Hill" stelling ingeneem en rondom 4 nm. het die slagveld stil geword. Die Britse gewondes voor die loopgrawe is deur die Boere toegelaat om sonder hulle wapens die veld te verlaat en die Britse mediese korps het die grootste deel van die nag gespandeer om dooies en gewondes van die veld te verwyder. Die Britte het egter nie onttrek nie in die hoop dat die Boeremagte soos by Magersfontein in die donker sou onttrek. Dit het egter nie gebeur nie en is 'n algemene skietstilstand rondom 9 vm. op die oggend van die 12de verklaar sodat gewondes wat hulself nog steeds op die slagveld bevind het verwyder kon word. Teen namiddag moes Lord Methuen noodgedwonge die neerlaag aanvaar en het hy na Modderrivierstasie teruggetrek.
 
== Nadraai ==
12 721

wysigings