Cornelia: Verskil tussen weergawes

41 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
+Verwysings-afdeling
No edit summary
(+Verwysings-afdeling)
Die dorpie '''Cornelia''' is geleë tussen [[Villiers]] en [[Vrede]], in die [[Vrystaat]], in [[Suid-Afrika]]. Die dorp lê op die oewer van die Schoonspruit, 'n sytak van die [[Vaalrivier]].
 
== Geskiedenis ==
Die dorp is vernoem na Cornelia Mulder, die tweede vrou van President [[F.W. Reitz]] van die Oranje-Vrystaat. Die dorp is in 1894 gestig en in 1917 geproklameer, maar het eers in 1923 munisipale status ontvang. Die Afrikaanse Baptistekerk van Suid-Afrika het in Cornelia ontstaan. 'n Bekende oud-leraar van hierdie gemeente was [[Jurgens Lambrechts]], 'n bekende in vasvraprogramme op radio en TV vanaf die 1970's tot die 1990's.
 
== Omgewing ==
[[PG du Plessis]], die bekende Suid-Afrikaanse dramaturg, is hier gebore. In 1955 het dr. AC Hoffman 'n belangrike fossielvonds op die plaas Uitzoek gemaak. Hy het 'n onderkaak van die ''chalicothere'' ontdek. Later is nog vondse gemaak. Die plaas is 10 km noord van Cornelia.
 
== Sien ook ==
* [[Lys van dorpe in Suid-Afrika]]
 
== Bronne ==
* [[Op Pad in Suid-Afrika]]. [[B.P.J. Erasmus]]. 1995 ISBN 1-86842-026-4
* [[Ensiklopedie van Suidelike Afrika]], [[Eric Rosenthal]], 1967.
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
{{Saadjie}}