Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

Die algemene aanname dat die H.NP in 1948 sowel as 1953 veral danksy die belading van plattelandse setels gewen het, is in ’n mate verkeerd bewys deur ’n ontleding van laasgenoemde verkiesing se uitslae deur die Proportional Representation Society van [[Londen]] wat hy gestuur het aan die direkteur van inligting in Suid-Afrika-Huis. Die vereniging skryf in sy verslag oor die verkiesingsuitslag: “Ek sluit afskrifte in van (a) ’n ontleding van die syfers wat wys daar is geen gronde vir die algemene stelling dat die oorwinning van die minderheidsparty te danke is aan die ‘belading’ van kiesafdelings en (b) ’n grafiek wat wys dat die werklike oorsaak van die oorwinning die verskil in die grootte van meerderhede is – Nasionalistiese kandidate het in baie kiesafdelings ingeglip met ’n klein meerderheid terwyl die VP- en Arbeiderkandidate baie stemme verspil het deur groot meerderhede in ’n klein aantal setels op te hoop. Die Nasionaliste sou dié verkiesing (en dié van 1948) gewen het selfs al het al die kiesafdeling ’n gelyke getal kiesers gehad – trouens, selfs as die ‘lading’ in die teenoorgestelde rigting was.”
 
== VerdereNog terugslae ==
[[Lêer:Genl JC Smuts.jpg|duimnael|links|210px|Die leemte wat na die dood van genl. [[Jan Christian Smuts]] in die VP gelaat is, was te groot vir adv. [[J.G.N. Strauss]] om te vul.]]
[[Lêer:Suiderstem 14 April 1949.jpg|duimnael|270px|regs|Met die verdwyning in 1949 van die Kaapstadse middagblad ''[[Die Suiderstem]]'' is die VP sonder ’n Afrikaanse mondstuk in die Suide gelaat.]]
84 111

wysigings