Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

Die datum van die [[Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1966|algemene verkiesing]], [[30 Maart]], is tydens die kort sitting aan die begin van 1966 aangekondig. Teen die einde van die vorige jaar was daar ’n herafbakening van kiesafdelings en is bestaande afdelings se grense ingrypend gewysig en talle nuwes is geskep. Tien nuwes het die getal in die Volksraad van 160 tot 170 vermeerder: Kaapland 54, Natal 18, Transvaal 73, Vrystaat 15, Suidwes-Afrika 6, Kleurlingverteenwoordigers 4. Op nominasiedag is ’n rekord van 345 kandidate deur die verskillende partye genomineer.
 
In die vorige verkiesing, so kort na die volkstemming oor republiekwording, is 67 kandidate onbestrede verkies. In 1966 was daar net 19 onbestrede setels, naamlik 17 van die NP en twee van die VP. Die PP se 27 kandidate was vier meer as in 1961. In Natal was daar ’n nuwe party, die National Front, wat ten gunste van blanke voogdyskap oor Suid-Afrika was, maar as die Transkei suksesvol sou blyk te wees, kon verderenog swart tuislande geskep word. Die party kry gemiddeld 150 stemme in die tien kiesafdelings waarin hy kandidate stel. Dr. Van der Merwe se Republikeinse Party het 22 setels betwis en gemiddeld 320 stemme per kiesafdeling gekry. Nog ’n nuwe party, die Konserwatiewe Nasionale Party, het een kiesafdeling in Transvaal betwis. Aldrie dié partye het later van die toneel verdwyn.
 
By die ontbinding van die Volksraad op [[28 Februarie]] [[1966]] het die NP 102 setels gehad, die VP 49 en die PP een. Daar was ook vier Kleurlingverteenwoordigers en vier vakatures. Die VP en die [[Nasionale Unie]] het op [[19 Junie]] [[1962]] saamgesmelt en [[Japie Basson]] het Volksraadslid van die VP geword. H.G.O. Odell, lid vir Pietermaritzburg-Stad, het die VP aan die einde van Januarie 1964 verlaat en sy plek as NP-lid ingeneem.
84 111

wysigings