Verskil tussen weergawes van "Margaret Ballinger"

Ballinger het die oorwinning van die [[Nasionale Party]] in die 1948-verkiesing as 'n ramp vir Suid-Afrika beskou. Hoewel sy altyd aangevoer het dat die [[Verenigde Party]] segregasionisties was, het sy toegegee dat die gehalte en verskeidenheid van sosiale dienste vir swartes tydens die VP-bewind uitgebrei en hul lewenstandaard verbeter is. Tweedens het sy daarop aanspraak gemaak dat elke regeringsverslag wat gedurende daardie tyd gepubliseer is, die sienswyse van die vier verteenwoordigers van die swart mense ten opsigte van gewenste toekomstige ontwikkelings ondersteun het. Sy het egter volgehou dat wit mense na Afrika gekom het om te bly, maar was van mening dat die opgevoede deel van die swart gemeenskap dié feit aanvaar het en dat 'n verstandhouding tussen swart en wit dus noodsaaklik was vir die toekomstige sekuriteit van Suid-Afrika.
 
Ballinger was nie alleen stigterslid van die Suid-Afrikaanse [[Liberale]] Party]] in 1953 nie, maar sy is ook as die eerste leier van dié party gekies. In 1955 het sy as leier bedank, maar steeds lid van die nasionale komitee gebly totdat dié party in 1968 weens die Wet op die Verbod op Politieke Inmenging besluit het om te ontbind pleks van ’n party vir net wit mense voort te bestaan. Hoewel sy deur wit konserwatiewes as 'n radikaal beskou is, het sy 'n temperamentele afkeer van die radikale gehad soos hulle trouens ook van haar. Sy het nie geglo aan die vernietiging van instellings nie, maar aan die verbetering daarvan. Sy het die morele eis om die onmiddellike afskaffing van die kleurskeidslyn as pragmaties onsinnig beskou.
 
== Waardering ==
84 298

wysigings