Verskil tussen weergawes van "Margaret Ballinger"

As gevolg van haar groot belangstelling in die mens en maatskaplike aangeleenthede het sy haar tot verpleging aangetrokke gevoel ten behoewe waarvan sy die Wet op Verpleging geïnisieer het om so die beroep op 'n doeltreffende grondslag te organiseer. Daarna is sy gekies as die eerste adjunk-president van die Verpleegstersraad, 'n pos wat sy behou het tot die konstitusie van die Raad in 1949 gewysig is, toe sy ter erkenning van haar dienste deur die Verpleegstersvereniging as lewenslange erelid aangestel is. In 1957 het sy as lid van die Britse Statebond se Parlementêre Afvaardiging [[Indië]] besoek. Twee jaar tevore het sy uitnodigings om die [[Ghana|Goudkus]] en [[Nigerië]] te besoek aanvaar sodat, toe sy in 1960 deur die [[Australië|Australiërs]] genooi is om die prestige Dyason-lesing in verband met rasseverhoudinge oor die hele vasteland te gee, haar internasionale roem op al vyf vastelande gevestig was.
 
Nog 'n eer het haar te beurt geval toe die Royal African Society of Great Britain se medalje vir toegewyde diens aan Afrika aan haar toegeken is en sy die erelidmaatskap van dié genootskap ontvang het. In haar aangenome land was sy van 1942 tot 1960 aktief betrokke by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rassebetrekkinge en sy was ook 'n groot vriend van [[LeopoldLeo Marquard]].
 
== Skrywer ==
84 297

wysigings