Verskil tussen weergawes van "Middelryk van Egipte"

Skakel
k (→‎Verwysings: Link GA is now handled by Wikidata, removed: {{Link GA|ja}} using AWB (10861))
(Skakel)
Ná die val van die [[Ou Ryk van Egipte|Ou Ryk]] het Egipte ’n tydperk van onenigheid en kulturele agteruitgang binnegegaan bekend as die [[Eerste Oorgangstydperk van Egipte|Eerste Oorgangstydperk]].<ref name="Grimal 156">[[#Grimal1988|Grimal. (1988)]] p. 156</ref> Aan die einde van dié tyd het die 10de en die 11de Dinastie om die mag baklei. Die stryd is deur [[Mentoehotep II]] van die 11de Dinastie beëindig toe hy sy mag oor die hele Egipte verenig.<ref name="Grimal 156"/> Hy word dus beskou as die stigter van die Middelryk.<ref name="Habachi 16-52">[[#Habachi1963|Habachi. (1963)]] pp. 16-52</ref>'''
 
Die 12de Dinastie het begin met die bewind van [[Amenemhet I]]. Daar is ’n teorie dat hy Mentoehotep se troon afgeneem het.<ref>{{cite book|last=Gardiner |first=Alan |title=Egypt of the Pharaohs |year=1964 |publisher=Oxford University Press |isbn= |ref=Gardiner1964}}</ref> Hoewel daar geen rekords oor hierdie magstryd is nie, is daar aanduidings van ’n [[burgeroorlog]] aan die einde van die 11de Dinastie.<ref>{{cite book|last=Redford |first=Donald |title=Egypt, Canaan, and Israel in Ancient Times |year=1992 |publisher=Princeton University Press |isbn=0-691-00086-7 |ref=Redford1992}}</ref> Wat wel seker is, hoe Amenemhet I ook al aan die bewind gekom het, is dat hy nie ’n koninklike van geboorte was nie.
 
== Verwysings ==