Verskil tussen weergawes van "Pous Innocentius III"

k
Opruim
k (Opruim)
|opvolger=[[Pous Honorius III|Honorius III]]
|geboortedatum=[[22 Februarie]] [[1161]]
|geboorteplek= [[Anagni]], [[Italië]]
|sterftedatum=[[16 Julie]] [[1216]]
|sterfteplek=[[Perugia]], [[Italië]]
'''Innocentius III''' was die 176ste [[pous]] van die [[Rooms-Katolieke Kerk]] van [[1198]] tot [[1216]].
 
== Biografie ==
'''Pous Innocentius III'''<ref>"Innocent III." Encyclopædia Britannica. 2008. Encyclopædia Britannica Online. 12 Aug. 2008 <http://www.britannica.com/EBchecked/topic/288633/Innocent-III>.</ref> is gebore as '''Lotario di Segni''' (ook '''Lotario de' Conti di Segni''') op [[22 Februarie]] [[1161]] in [[Gavignano]] by [[Anagni]], [[Italië]] die seun van graaf Trasimund van Segni. Uit sy familie, die Conti, kom nege pouse, onder andere [[Pous Gregorius IX]], [[Pous Alexander IV]] en [[Pous Innocentius XIII]]. Sy moeder Claricia, stam uit die adellike familie van die Scotti. Hy studeer teologie in [[Parys]] en waarskynlik ook regte in Bologna. In [[1190]] stel sy oom [[Pous Clemens III]] hom aan as kardinaal. Gedurende die bewind van [[Pous Celestinus III]] 'n pous uit die Orsini familie en opponente van die Scotti, verlaat hy [[Rome]] en bly in Anagni. Daar skryf hy sy bekende teologies werke: "De Miseria Humanae Conditionis" (Oor die jammerlike toestand van die mens), "De Sacro Altaris Mysterio" (Oor die misterie van die heilige Altaar) en "De quadripartita specie nuptiarum" (Oor die vier soorte huwelike). Op [[8 Januarie]] [[1198]] volg hy [[Pous Celestinus III]] op nadat hy eenparig verkies is na slegs twee stemmings. Hy was 37. Op [[21 Februarie]] [[1198]] word hy priester gewy en in die amp as biskop van Rome bevestig op die volgende dag. Hy regeer tot sy dood op [[16 Julie]] [[1216]]. Hy word opgevolg deur [[Pous Honorius III]].
Die naam ‘Innocentius’ beteken 'onskuldige'.
 
== Pontifikaat ==
=== Uitbreiding van die pouslike mag ===
'''Pous Innocentius III'''<ref>Ott, Michael. "Pope Innocent III." The Catholic Encyclopedia. Vol. 8. New York: Robert Appleton Company, 1910. 13 Aug. 2008 <http://www.newadvent.org/cathen/08013a.htm>.</ref> het probeer om die pouslike mag "plenitudo potestatis" (absolute mag) uit te brei gedurende sy bewind. Nie alleen in Rome en sy omgewing maar ook in Ancona, Assisi, Perugia en Spoleto vestig hy die pouslike gesag. In 'n brief gedateer [[30 Oktober]] [[1198]] aan die stede maak hy dit duidelik dat wêreldlike mag ondergeskik is aan pouslike mag. Na die dood van keiser Hendrik IV het hy probeer om Duitsland en Sisilië van mekaar te skei. Innocentius het die pouslike invloed oor Sisilië versterk. Koning Frederik II van Sisilië was toe slegs vier jaar oud. Die testament van sy moeder, Constance van Sisilië, het die pous aangestel as opvoeder van die koning. Die pous het die koning slegs as wettig erken nadat die voorregte wat Willem I van Sisilië van [[Pous Adrianus IV]] verkry het, herroep is. Die pous kroon Frederik II tot koning van Sisilië in November [[1198]]. In [[1290]] oorreed hy Frederik om met die weduwee van koning Emeric van [[Hongarye]] te trou.
 
=== Betrokkenheid by die verkiesing van die keiser ===
Na die dood van keiser Hendrik IV van die [[Heilige Romeinse Ryk]] het twee groepe keurvorste twee kompeterende konings verkies i.e. Philip van [[Swabe]] van die Hohenstaufen-familie en Otto van Brunswyk. Omdat Philip deur Innocentius se voorganger [[Pous Celestinus III]] geëkskommunikeer is en nie in Aken gekroon is nie, het die pous in [[1201]] openlik vir Otto gesteun en almal wat nie Otto wou steun nie met [[Ekskommunikasie|ekskommunikasie]] gedreig. Met die dekreet "Per Venerabilem" in Mei [[1202]] het die pous sy saak duidelik aan die Duitse prinse gestel (die dekreet is later opgeneem in die "Corpus Juris Canonici"). Die dekreet gee aan die pous die reg om te besluit of 'n persoon waardig is om keiser te wees en as daar meer as een kandidaat is, om die finale keuse te maak. Die argument is gegrond op die stelling dat die Romeinse Ryk van [[Bisantium]] die [[Heilige Romeinse Ryk]] geword het deur inseëning van die pous en daarom moet alle seëning, kroning en bevestiging van die keiser met pouslike goedkeuring plaasvind.
[[Lêer:Otto IV. und Papst Innocenz III. reichen sich vor den ankommenden Schiffen Friedrichs II. die Hände.jpg|duimnael|200px|leftlinks|Innocentius III en Otto IV]]
 
Philip het egter meer volgelinge getrek as Otto en is in [[1205]] in Aken gekroon deur die aartsbiskop van [[Keulen]]. Toe Innocentius sien dat Otto begin verloor, verander hy sy standpunt ten gunste van Philip en vra Otto om afstand te doen van sy aanspraak. Philip word egter vermoor op [[21 Junie]] [[1208]] deur Otto van Wittelsbach en die Ryksdag van [[Frankfurt]] erken Otto as keiser op [[11 November]] [[1208]]. Die pous nooi Otto na Rome en die pous en die keiser ontmoet in Viterbo. Otto doen afstand van sy aanspraak op die erfenis van Mathilde van Canossa en die eksargaat van Ravenna. Innocentius kroon Otto IV as keiser van die Heilige Romeinse Ryk in die Sint Pieterskerk op [[4 Oktober]] [[1209]].
Op die Ryksdag in Nuremberg in September [[1211]] het die pous 'n aantal prinse oortuig om Otto af te sweer en Frederik II van Sisilië te verkies. Frederik II het dieselfde beloftes gemaak as Otto en is deur die meerderheid prinse tot keiser verkies op [[5 Desember]] [[1212]]. Nadat sy verkiesing deur Innocentius goedgekeur is, is hy in Aken gekroon op [[12 Julie]] [[1215]].
 
=== Feodale mag in Europa ===
Pous Innocentius III het [[Jan van Engeland|Jan Sonder Land]], die jonger broer van [[Richard I van Engeland|Richard Leeuehart van Engeland]] oorgehaal om homself 'n vassal van die pous te verklaar in [[1213]]. Hy het ook feodale eer ontvang van Peter II van Aragon, Ottokar I van Boheme, Alfonso IX van Léon en Sancho I van Portugal. Nadat die pous koning Philip II Augustus van Frankryk oorreed het om met sy vrou Ingeborg te versoen, het Philip 'n bondgenoot van die pous geword in die stryd teen Otto IV. Otto het 'n bondgenootskap met Engeland gesluit (hy was 'n nefie van koning Jan), maar hy is verslaan in die slag van Bouvines (nou in [[België]]) op [[27 Julie]] [[1214]]. Daarna het Otto alle invloed verloor en sterf hy op [[19 Mei]] [[1218]] en laat Frederik II as die onbetwiste keiser.
 
Pous Innocentius III het ook gereeld ingemeng in die interne aangeleenthede van Sardinië, partykeer op die versoek van die plaaslike giudicati en partykeer as deel van sy eie planne. Aan die begin van sy pontifikaat het die pous die onderhorigheid van Sardinië aan die aartsbiskop van Pisa erken. Die pous het vrede bewerkstellig in die oorlog tussen die Giudicato van Cagliari en die Giudicato van Logudoro en het probeer om die beskuldigings wat Willem I van Cagliari en Comita III van Torres na mekaar geslinger het, te versoen. Die republiek van Pisa het egter geweier dat Willem en Comita voor die pous in [[Rome]] verskyn.
 
In [[1202]] toe die aartsbisdom van Torres vakant geraak het, het Innocentius 'n lid van die kurie, kardinaal Biagio daar aangestel. In [[1203]] het Barisone II van Gallura gesterf en sy weduwee Elena in die sorg van Innocentius gelaat. Innocentius wou hê sy moet trou met Trasimondo, 'n familielid van hom, maar sy het met Lamberto Visconti van Pisa getrou.
 
=== Kruistogte en die onderdrukking van kettery ===
Aan die begin van sy pontifikaat het Innocentius hard opgetree teen die [[Kathare]] (ook Albigense genoem). 'n Pouslike gesant is vermoor en 'n aanval onder leiding van Simon de Montfort het in 'n veroweringsoorlog ontaard. Die Kathare word uitgemoor by Béziers en Minerva.
 
In [[1198]] predik Innocentius die vierde kruistog. Hy rig die versoek aan die ridders eerder as aan die konings van [[Wes-Europa]]. Aanvanklik was daar nie veel belangstelling nie tot [[1200]] toe die kruistog georganiseer is in Champagne. Die Venesiërs het dit egter omgelei om Zara en [[Konstantinopel]] aan te val. Op [[12 April]] [[1204]] word [[Konstantinopel]] verower met groot barbaarsheid deur die kruisvaarders. Na die vierde kruistog se fiasko was daar ook nog die kinderkruistog in [[1212]], wat 'n nog groter ramp geword het. Die kinderkruistog het nooit die Heilige Land bereik nie en tot 50 000 mense is dood. Op [[19 April]] [[1213]] roep Innocentius op tot die vyfde kruistog. Die het egter nie voor sy dood plaasgevind nie.
 
Op [[15 November]] [[1215]] open Innocentius die vierde Lateraanse Konsilie, wat as een van die belangrikste in die Middeleeue beskou word. Sewentig hervormingsgerigte besluite is geneem. Die stigting van skole is bepleit en die morele standaarde van die klerus is hoër gestel as die van leke. Die klerus word ook verbied om aan die "Godsoordeel" deel te neem, iets wat die praktyk prakties ten einde gebring het.
 
=== Nalatenskap ===
Die vierde konsilie van Laterane het die vyfde kruistog beplan onder die kerk se leiding in [[1217]]. Innocentius het na die konsilie in [[1216]] probeer om die stede van Pisa en Genua met mekaar te versoen, omdat hulle skepe nodig sou wees om die kruisvaarders te vervoer. Hy sterf egter onverwags op [[16 Junie]] [[1206]] in Perugia.
[[Lêer:Giotto di Bondone (und Werkstatt) 002.jpg|duimnael|250px|regs|Innocentius III en die Franciskane]]
 
* Wulstan, biskop van York op [[14 Mei]] [[1203]]
* Procopius, ab van die [[klooster]] in [[Praag]] op [[2 Junie]] [[1204]]
* Guibert, stigter van die klooster in Gembloux in [[1211]].
 
In [[1207]] voeg hy 'n sewende werk toe aan die "Werke van Barmhartigheid" naamlik "begrawe die dooies". Die werk is ontleen aan die Bybelboek Tobias (die boek kom slegs voor in die Rooms-Katolieke Bybel; protestante kerk beskou die boek as apokrief) waarin naas twee bekende en ook deur Christus genoemde werke, spesiaal die sorg vir die oorledenes benadruk word:
 
"...Ek het my brood aan die hongeriges gegee en my klere aan die wat nakend was, en as ek een van my volksgenote dood en uitgewerp buite die muur van Nineve sien lê het, het ek hom begrawe." (Tobias 1:16 - 17)<ref>[[Pieter Verhoef|Verhoef, P.A.]] (1974) Ou-testamentiese Apokriewe. N.G. Kerk Uitgewers, Kaapstad. ISBN 08699111980-86991-119-8</ref>
 
In die Middeleeue met sy baie epidemies was die besonder gevaarlike werk van baie waarde.
 
== Bibliografie ==
* Barraclough, Geoffrey (1968). The Medieval Papacy. London: Thames and Hudson.
* Duff, Eamon (2001). ''Saints and Sinners: A History of the Popes'', Yale University Press. ISBN 03000916560-300-09165-6.
* Maxwell-Stuart, P. G. (2002). ''Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present'', Thames & Hudson. ISBN 05000179800-500-01798-0.
* Tillmann, H. (1980) Pope Innocent III (Amsterdam).
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
== Eksterne skakels ==
{{En-Wikisource info|Catholic Encyclopedia (1913)/Pope Innocent III}}
* {{CE|http://www.newadvent.org/cathen/08013a.htm}}
{{Commons|Pope Innocent III}}
 
== Nota ==
Saamgestel en vertaal uit die [[:nl:Paus Innocentius III|Nederlandse]], [[:en:Pope Innocent III|Engelse]], [[:de:Innozenz III. (Papst)|Duitse]] en [[:fr:Innocent III|Franse]] wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
 
== Opvolging ==
{{s-start}}
{{s-bef|voor=[[Pous Celestinus III|Celestinus III]]}}
{{s-ttl|titel=Pous (Pontifex Maximus)|jare=[[1198]][[1216]]}}
{{s-aft|na=[[Pous Honorius III|Honorius III]]}}
|}