Verskil tussen weergawes van "Mercedes F1 W06 Hybrid"

geen wysigingsopsomming nie
(Nuwe bladsy geskep met 'Die '''Mercedes F1 W06 Hybrid''' is die Formule Een renmotors van die Mercedes AMG Petronas F1-span vir die Formule Eenwêreldkampioenskap in 2015. Dit is die sewende...')
 
{{Inligtingskas Motorvoertuig
| name = Mercedes F1 W06 Hybrid
| image = [[Lêer:Mercedes F1 W06.jpg|280px]]
| caption = Nico Rosberg in die F1 W06 Hybrid
| manufacturer = [[Mercedes-Benz|Mercedes AMG F1-span]]
| aka =
| production = 2015
| model_years =
| assembly = {{GBR}}
| predecessor =
| successor =
| class = Formule Een
| body_style =
| layout = [[motordryfuitleg|Agterwieldryf]]
| platform = 1.6 Liter [[V6-enjin|V6]] Turbo
| engine = Mercedes-Benz PU106B Hybrid
| transmission =
| wheelbase =
| length = 5000 mm
| width = 1800 mm
| height = 950 mm
| weight = 702 kg insl. bestuurder
| related =
}}
Die '''Mercedes F1 W06 Hybrid''' is die [[Formule Een]] renmotors van die Mercedes AMG Petronas F1-span vir die Formule Eenwêreldkampioenskap in 2015. Dit is die sewende Mercedes Formule Eenmotor. Die motor is bekendgestel op 1 Februarie 2015 by die Circuito de Jerez. Die eerste foto's van die motor is reeds op 29 Januarie 2015 vrygestel na 'n paar rondtes voltooi is as deel van 'n fotodag by Silverstone.
 
==Tegnies en ontwikkeling==
Die F1 W06 Hybrid is die opvolger van die Mercedes F1 W05 Hybridmodel. Hoewel dit 'n vooruitgang is, verskil die motor ooglopend van die vorige jaar s'n, omdat die reëls vir die [[2015 Formule Eenseisoen]] aansienlik verander het op die gebied van die motor se neus.
 
Die neus is smal en moet selfs laer begin volgens die regulasies. Die gevolglike versteuring van die lugvloei na die vleuel is deur Mercedes probeer vermy met 'n baie kort neus. Die vleuels strek ver voor die punt van die neus. Die agterkant van die motor is smaller gemaak as sy voorganger, dus moes die verkoelers en luginnames ook verander word.
 
Na die tweede week se voorseisoentoetse by die Circuit de Catalunya Barcelona, is aangekondig dat die FIA die kameramontering op die W06 Hybrid as onwettig beskou, en die span beveel om dit te verander na die eerste wedren van die seisoen in Australië.
 
Die F1 W06 Hybrid word aangedryf deur 'n Mercedes-Benz PU106B Hybrid, 'n 1,6 liter-V6-enjin met 'n turbo-aanjaer.
84 617

wysigings