Rudolphus Meerlandt: Verskil tussen weergawes

k
tikfout
No edit summary
k (tikfout)
Ds. '''Rudolphus Meerlandt''' (of Maerlandt) ([[IJselstein]]), [[Utrecht (provinsie)|Utrecht]] – 1699, [[Colombo]], [[Ceylon]]) was die vyfde predikant wat in diens van die [[Nederduitse Gereformeerde Kerk]] in [[Suid-Afrika]] getree het.
 
In sy geboortestadjie was ’n familielid in 1664 burgemeester, maar andersins is niks meer bekend oor sy herkoms of kinderjare nie. Op [[1 Augustus]] [[1661]] is hy as teologiese studentestudent aan die [[Universiteit van Leiden]] ingeskryf en tussen Julie 1663 en Julie 1664 is hy deur die Klassis van Leiden geëksamineer en as proponent toegelaat. Dit is nie bekend waar hy van hierdie tyd tot 1673 was nie. Dis wel bekend dat hy in laasgenoemde jaar deur die Klassis van Hoorn as predikant na Oos-Indië gestuur is.
 
Op [[24 Januarie]] [[1674]] het hy met die skip ''De Gekroonde Vrede'' by die Kaap aangekom. 'n Week later het nog ’n skip geland en daarop was ook ’n predikant wat vir die diens in die kerk in Oos-Indië bestem was, naamlik ds. Rudolphus van Varick. Die owerheid aan die Kaap het aan ds. [[Adriaan de Vooght]] toegestaan om ter wille van sy gesondheid na [[Batavia]] te gaan, en in sy plek moes een van die twee pas aangekome predikante dan aangestel word. Albei het blykbaar goed beval en albei wou ook blykbaar graag aan die Kaap bly sodat besluit is dat daar dan maar geloot moes word, waarby die lot op ds. Meerlandt geval het.
3 195

wysigings