Verskil tussen weergawes van "Kgoši Mampuru II-bestuursgebied"

→‎C-Max: Skakels
(+Skakel)
(→‎C-Max: Skakels)
Die bekende maksimum-sekuriteitsafdeling, C-Max, is in die kompleks geleë. Hierdie afdeling is spesifiek ontwerp vir gewelddadige en ontwrigtende gevangenes wat in terme van die Suid-Afrikaanse Strafproseswet as gevaarlik geklassifiseer is. Gevangenes word 23 uur per dag in afsondering opgesluit. Gespesialiseerde toerusting word gebruik, soos elektriese skilde wat deur die wagte gedra word. Dit bestaan uit twee rye van vyftig selle elk.
 
In November 2006 word Annanias Mathe die eerste persoon om uit C-Max te ontsnap. Mathe het militêre opleiding tydens die [[burgeroorlog]] in [[Mosambiek]] ondergaan. Hy het sy lyf met [[petroleumjellie]] (Vaseline) gesmeer en deur sy selvenster (20&nbsp;cm by 60&nbsp;cm) geglip. Hy het op meer as 50 aanklagte, waaronder moord, verkragting, gewapende roof en kaping tereggestaan.<ref>{{cite web |url=http://news.bbc.co.uk/2/hi/africa/6165000.stm |title= S Africa manhunt after jailbreak |accessdate=2006-11-20 |format= |author=BBC News | authorlink=BBC News | date=2006-11-20}}</ref> Hy is twee weke later ná 'n uitgebreide soektog weer gevange geneem.<ref>{{cite web |url=http://news.bbc.co.uk/2/hi/africa/6205818.stm |title= S Africa's 'most-wanted' caught |accessdate=2006-12-04 |format= |author=BBC News| authorlink=BBC News | date=2006-12-04}}</ref>
 
== Galgmuseum ==