Verskil tussen weergawes van "Nicolaas Vlok"

geen wysigingsopsomming nie
[[Beeld:Nicolaas Vlok Klipfontein Sutherland.jpg|regs|duimnael|230px|Nicolaas Vlok van die plaas Klipfontein, distrik [[Sutherland]].]]
 
'''Nicolaas Vlok''' (Onder-Roggeveld, [[10 September]] [[1818]] – plaas Klipfontein, distrik [[Sutherland]], [[Roggeveld]], [[21 Junie]] [[1872]]) was een van die stigters van die [[NG gemeente Sutherland]]. wat metMet sy dood beskryf is hy beskryf as “de"de voornaamste man in zyne buurt van de afdeeling ([[Fraserburg]]) . . . aan wie voornamelyk de eer toekomt van het oprigten der Nederduitsche Gereformeerde Kerk (te Sutherland)".
 
Vlok in 1818 in die Onder-Roggeveld gebore as oudste seun van Arnoldus Christiaan Vlok en Maria Catharina Louw. Terselfdertyd as twee van sy susters tree hy op [[5 November]] [[1839]] op [[Worcester]] in die huwelik, en wel met Maria Johanna van Wyk, 'n dogter van Abraham van Wyk en Hilletje Maria van der Westhuysen. Sy vader sterf op Oujaarsdag 1841 op die plaas Klipfontein en in 1843 trou die weduwee met Jacobus W.A. Nel. Nadat ds. [[Henry Sutherland]], na wie die Roggeveldse[[Roggeveld]]se [[Nederduitse Gereformeerde Kerk|NG]] gemeente genoem is, sy eerste vrou verloor het, het sy gedagtes in die rigting van die [[Roggeveld]] gegaan waar hy miskien die deugde van die eertydse mev. Vlok tydens huisbesoek geleer waardeer het en hulle twee is toe getroud. Sy is in Januarie 1872 op Worcester oorlede waar sy saam met sy eerste vrou aan die sy van die vroeëre leraar teen die ringmuur van die ou moederkerk rus.
 
Uit Nicolaas Vlok se huwelik is elf kinders gebore, van wie twee kleinkleintyd oorlede is. 'n Seun wat sy vader se naam gedra het, het in 1861 in die dorp onder 'n wa verongeluk toe hy 17 jaar oud was. Terwyl hy met besoek na sy kinders in die [[Karoo]] gegaan het, het Nicolaas ernstig siek geword aan longvliesontsteking. Hy is na Klipfontein teruggebring waar hy op 21 Junie 1872 beswyk het. Reisigers en toggangers wat met hul waens onder die verskriklike Vloksberg te staan gekom het, het gewoonlik 'n boodskap na Klaas “Berg" gestuur wat dan 'n voorspan spesiaal geoefende Afrikanerosse gestuur het om die waens die steilte uit te sleep. Nicolaas se twee broers, Adriaan en Jan, het ook in die kerkraad gedien, terwyl sy seun Abraham vyf termyne as diaken en sewe as ouderling uitgedien het. Sy vrou se twee broers was Nicolaas Petrus van Wyk van Modderfontein en Gert van Wyk, wat die voorvader is van die Van Wyk-familie wat later op Gunstfontein gewoon het en van wie die digterbroers [[N.P. van Wyk Louw]] en [[W.E.G. Louw]] afgestam het. Onder Sutherland het Nicolaas Vlok slegs een termyn as diaken gedien en toe onafgebroke vyf termyne lank as ouderling. Ook was hy 'n nuttige lid van die Afdelingsraad van [[Fraserburg]] sedert die stigting daarvan in 1862.
 
Die [[apartheid]]sera polisieminister [[Adriaan Vlok]] was 'n nasaat van Nicolaas Vlok.
84 928

wysigings