Verskil tussen weergawes van "Kuba"

Geen grootteverandering nie ,  4 jaar gelede
Biljoen na miljard
k (Wysigings deur 187.32.116.160 teruggerol na laaste weergawe deur Oesjaar)
(Biljoen na miljard)
Die VSA het Castro se regering binne ses dae na sy aankoms in Havana erken. Verhoudinge sou egter gou versleg en toe Castro die VSA in April 1959 besoek het President [[Dwight D. Eisenhower|Eisenhower]] verkies om hom nie te woord te staan nie.<ref>[http://www.princeton.edu/plas/publications/Essays/castro.html]</ref> Visepresident [[Richard Nixon]] het egter wel 'n vergadering met Castro gehou waarna Nixon die gevolgtrekking gemaak het dat Castro "of ongelooflik naïf oor kommunisme was of onder kommunistiese dissipline was – my raaiskoot is eersgenoemde."<ref>[http://www.history.com/ The History Channel], ''[http://www.history.com/tdih.do?id=2638&action=tdihArticleCategory 1959 : Castro visits the United States]'', besoek op 29 April 2007</ref>
 
Sowat 500 vermeende Batista-samewerkers is deur die nuwe Kubaanse regering verhoor en tereggestel. Dit tesame met die beslaglegging van Kubaans-besitte ondernemings en die spoedige ondergang van die onafhanklike pers het vraagtekens geplaas oor die aard van die nuwe regering. Houdings oor die Kubaanse Rewolusie het vinnig verander in die VSA. Die nasionalisering van Amerikaanse maatskappye met 'n geraamde waarde van VSA $1 biljoenmiljard het onmiddellik vyandigheid van die Eisenhower-administrasie ontlok. Kubaanse ballinge het 'n ontluikende uitgewekene gemeenskap in [[Miami]] begin vorm. Baie was woedend oor die revolusionêre regering se inbeslagneming van hulle eiendom in Kuba en die dood van hulle vriende en familie; hulle het spoedig 'n kragtig politieke drukgroep die VSA gevorm. Die Amerikaanse regering het in 1959 al hoe meer vyandig teenoor Kuba geword. Dit het weer moontlik bygedra daartoe dat Castro wegbeweeg het van die liberale elemente van sy revolusionêre beweging en die mag van onversetlike [[Marxisme|Marxistiese]] figure in die regering, vernaamlik [[Che Guevara]], versterk het.
 
In Junie 1959 maak Che Guevara vir die eerste keer in [[Kaïro]] kontak met die [[Sowjetunie]].<ref name="hoc">[http://www.historyofcuba.com/ History of Cuba.com], ''[http://www.historyofcuba.com/history/time/timetbl4.htm Timetable History of Cuba: 1959]'', besoek op 29 April 2007</ref> Op 1 Oktober 1959 kom die Sowjet intelligensie agent Aleksandr Alekseev in Havana aan om die eerste direkte politieke skakel tussen [[Moskou]] en die Kubaanse leierskap te vestig.<ref>[http://www.workersliberty.org/ Workers' Library], [http://www.workersliberty.org/node/6411 The Cuban revolution revisited: Part V – the role of the USSR], besoek op 29 April 2007</ref> op 19 Oktober bedank Huber Matos, 'n leiersfiguur in die Rewolusie, sy pos as militêre aanvoerder van die Camagüey provinsie, en 14 offisiere as gevolg van die "stygende invloed van kommunisme" in die Rewolusie. Hy word deur Camilo Cienfuegos vir verraad in hegtenis geneem en op 15 Desember vir 20 jaar gevonnis vir sameswering en verraad.<ref name="hoc" />
3 193

wysigings