Hercules van Loon: Verskil tussen weergawes

+Verwysings-afdeling
No edit summary
(+Verwysings-afdeling)
| Beeldbeskrywing = <!-- Vir oormuis-info/ vir siggestremdes; sonder wiki-sintaks -->
| Beeldonderskrif =
| Geboortenaam = Hercules van Loon
| Geboortedatum = Omstreeks 1668
| Geboorteplek = Friesland
}}
 
[[Beeld:Universiteit van Franeker.jpg|duimnael|regs|270px|Ds. Van Loon het in die teologie studeer aan die Universiteit van Franeker (1585 – 18111585–1811). Hierdie skildery van ''De academia van Vrieslant'' is in 1622 geskilder, sowat 60 jaar voor hy daar ingeskryf is.]]
 
Ds. '''Hercules van Loon''' (Onbekend – [[Stellenbosch]], [[26 Junie]] [[1704]]) was die eerste leraar van die [[NG gemeente Stellenbosch]] en die twaalfde leraar wat in die [[Nederduitse Gereformeerde Kerk]] in [[Suid-Afrika]] bevestig is nadat almal voor hom, buiten ds. [[Pierre Simond]], diens gedoen het in die [[NG gemeente Kaapstad]].
 
Van Loon is in 1686 as student in Franken in [[Friesland]] ingeskryf. Op [[16 Junie]] moes hy praeparatoir voor die Klassis van Gouda geëksamineer word om beroepbaar te kon wees, maar hy het nie opgedaag nie en gewoon weggebly. Luidens gerugte was dit omdat hy nie kon verklaar nie dat hy dit oneens was met die leer van prof. Roël, sy leermeester. Roël was van 1685 tot 1704 professor in die godgeleerdheid te Franeker. Hy het die leerstuk van die ewige generasie van die Seun van God op 'n ander wyse verklaar as wat in die Hervormde Kerk gangbaar was. Ook was hy 'n navolger van Coccejus. Daar het 'n sterk verset teen sy opvattings gekom en in 1691 het die Sinode van Suid-Holland dit as 'n hoogs verderflike kettery gebrandmerk en het twee jaar later vrae hieroor opgestel wat deur proponente by hulle toelating beantwoord moes word. Van Loon moes dit dus ook doen, want die Klassis Gouda het onder die Suid-Hollandse Sinode geval. Op [[13 April]] [[1694]] is hy egter deur die Klassis Amsterdam vir die Indiese Kerk geëksamineer en het by hierdie geleentheid oor Psalm 1:1 gepreek. Hierop is hy toegelaat en georden.
 
Hy het op [[9 September]] [[1694]] aan die Kaap gekom en die dienste daar tot aan die koms van ds. [[Petrus Kalden]] op [[30 November]] [[1695]] waargeneem. Op [[4 Desember]] [[1695]] is hy met die ''Nigtevecht'' na ''Indië''. Ds. Van Loon kon nie aard in die klimaat van Indië nie en het reeds in 1696 na Holland teruggegaan. Dit is nie bekend of hy daar predikant was nie. In Maart 1700 het hy met die skip ''Oosterstein'' weer in die Kaap aangekom en die diens in die [[NG gemeente Stellenbosch|Stellenbosch]] aanvaar waartoe hy deur die bewindhebbers in Holland benoem is. Hy was getroud, waarskynlik in Holland, met Maria Engelbregt. Hulle het hul testament op [[14 Mei]] [[1700]] gemaak en op [[28 Mei]] [[1703]] is hulle eerste kind, Philippus, gedoop. Van sy werk is weinig bekend. Wel kry ’n mens die indruk dat hy dit met ywer aanvaar het, aldus prof. S.P. Engelbrecht.<ref> {{af}} Engelbrecht, prof. dr. S.P. 1952. Die Kaapse predikante van die sewentiende en agtiende eeu. Kaapstad en Pretoria: H.A.U.M.-De Bussy.</ref>
 
Op [[26 Junie]] [[1704]] het hy 'n tragiese einde gehad. Hy het op daardie dag van sy plaas wat dig by Stellenbosch geleë was, na sy huis gery en, soos die reisiger Kolbe verhaal, "zich zelven met een pennemes den hals afgesneden, zonder dat iemand ooyt heeft geweten, waar door hy tot die wanhoop vervallen is". Sy weduwee het dit blykbaar moeilik gehad. Sy is op [[10 Maart]] [[1710]] deur die Politieke Raad as doodgrawer aangestel. Met die Van der Stel-twiste het sy haar ook nog laat hoor en was 'n warme verdediger van [[Willem Adriaan van der Stel]]. Kolbe is onvriendelik oor haar, maar hy is baie bevooroordeeld teen persone wat in hierdie saak aan die Van der Stel kant betrokke was. Op [[27 Julie]] [[1710]] is sy op Stellenbosch deur ds. [[Henricus Beck]] hertroud met die sekunde Willem Helot, wat wewenaar was. Hy het ná die dood van goewerneur [[Louis van Assenburg]] in Desember 1711 as waarnemende goewerneur opgetree tot [[28 Maart]] [[1714]], toe die nuwe Goewerneur ingehuldig is. Helot is in Mei 1714 op oneervolle wyse as sekunde ontslaan en na Holland teruggestuur.
 
== Kaapse predikante tydens die 17de eeu ==
# [[Joan van Arckel]] (ook Johannes), 1665 - 16661665–1666
# [[Johannes de Vooght]], [[26 Februarie]] tot [[23 November]] [[1666]]
# [[Petrus Wachtendorp]], November 1666 - Februarie [[1667]]
# [[Adriaan de Vooght]], 1667 - 16741667–1674
# [[Rudolphus Meerlandt]], 1674 - 16751674–1675
# [[Petrus Hulsenaar]], 1675 - 16771675–1677
# [[Johan Stumphius|Johan Frederick Stumphius]], Mei 1678
# [[Johannes Overney]], 1678 - 16871678–1687
# [[Johannes van Andel]], 1687 - 16891687–1689
# [[Pierre Simond]], 1688 – 17021688–1702
# [[Leonardus Terwoldt]], 1689 - 16931689–1693
# '''Hercules van Loon''', 1695 - 16971695–1697
# [[Petrus Kalden]], 1697 - 17071697–1707
 
== Bronne ==
* {{nl}} [[Gustave Adolph Maeder|Maeder, ds. G.A.]] en Zinn, Christian. 1917. ''Ons Kerk Album''. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt.
 
== Verwysings ==
[[Kategorie:Suid-Afrikaanse predikante]]
{{Verwysings}}
[[Kategorie:Predikante van die Nederduitse Gereformeerde Kerk]]
 
{{DEFAULTSORT:Van Loon, Hercules}}
[[Kategorie:Suid-Afrikaanse predikante]]
[[Kategorie:Predikante van die Nederduitse Gereformeerde Kerk]]