Kanaaleilande: Verskil tussen weergawes

k
geen wysigingsopsomming nie
kNo edit summary
kNo edit summary
Die '''Kanaaleilande''' ([[Engels]]: ''Channel Islands'', [[Frans]]: ''Îles Anglo-Normandes'' of ''Îles de la Manche'', [[Normandies]]: ''Îles d'la Manche'') is 'n eilandgroep wat tussen die [[Verenigde Koninkryk]] en [[Frankryk]] in die uiterste suide van die Engelse Kanaal en naby die Normandiese kus lê. So behoort hulle geografies wél aan Frankryk, maar in politieke opsig aan die Verenigde Koninkryk.
 
In 1066 het die hertoë van Normandië Engeland verower, maar 'n tyd later hul vastelandse Normandiese grondgebied kwytgeraak. Die Kanaaleilande was die laaste en enigste deel van hul oorspronklike stamlandestamland wat toe nog trou aan hulle gesweer het.
 
Alhoewel die Koningin van Engeland in haar funksie as Hertogin van Normandië die staatshoof van die eilande is, maak hulle administratief nie deel uit van die Verenigde Koninkryk nie. As laaste oorblyfsel van die Hertogdom van [[Normandië]] is hulle 'n Britse Kroongebied met selfregering. Chausey is die enigste eilandgroep wat tot Frankryk behoort.