Kanaaleilande: Verskil tussen weergawes

100 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
kNo edit summary
kNo edit summary
[[Lêer:Guernsey sm02.png|duimnael|Kaart van Guernsey]]
 
Die '''Kanaaleilande''' ([[Engels]]: ''Channel Islands'', [[Frans]]: ''Îles Anglo-Normandes'' of ''Îles de la Manche'', [[Normandies]]: ''Îles d'la Manche'') is 'n eilandgroep wat tussen die [[Verenigde Koninkryk]] en [[Frankryk]] in die uiterste suide van die Engelse Kanaal en naby die Normandiese kus lê. So behoort hulle geografies wél aan Frankryk, maar in politieke opsig aan die Verenigde Koninkryk, of streng gesproke, die Britse Kroon aangesien hulle 'n besondere regstatus as Kroonbesittings het (#n status wat hulle met die [[Eiland Man]] deel). As sulks maak hulle amptelik nie deel uit van die Verenigde Koninkryk of die [[Europese Unie]] nie en reik ook hul eie banknote en [[posseël]]s uit.
 
In 1066 het die hertoë van Normandië Engeland verower, maar 'n tyd later hul vastelandse Normandiese grondgebied kwytgeraak. Die Kanaaleilande was die laaste en enigste deel van hul oorspronklike stamland wat toe nog trou aan hulle gesweer het.