Verskil tussen weergawes van "Manchester"

11 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
k
+ skakel
k (→‎Verwysings: Link FA is now handled by Wikidata, removed: {{Link FA|en}} using AWB (10861))
k (+ skakel)
Gedurende die [[middeleeue]] was Manchester 'n relatief klein nedersetting wat aan 'n landgoed gebonde was, maar vanaf die vroeë 19de eeu het die dorp ongekende groei ervaar. Die grootskaalse uitbreiding van tekstielnywerhede as gevolg van die nywerheidsomwenteling het 'n proses van vinnige en onbeplande verstedeliking aan die gang gesit. Ná die voltooiing van die Bridgewater-kanaal in 1761 - 'n belangrike waterweg vir die vervoer van [[steenkool]] - het steeds meer tekstielmeule in Manchester ontstaan wat van die dorp die middelpunt van die Britse tekstielbedryf gemaak het. In 1853 het Manchester stadstatus verwerf.
 
Manchester se raadsaal (''Manchester Town Hall'') is in 1877 opgerig, en in 1894 is die ''Manchester Ship Canal'' ingewy - indertyd die langste [[kanaal|riviernavigasiekanaal]] ter wêreld wat Manchester se nuwe rivierhawe met die see verbind het. Die dekades ná die [[Tweede Wêreldoorlog]] was 'n periode van industriële agteruitgang. 'n Bomaanval in 1996 het egter die aanleiding gegee tot 'n grootskaalse program van stedelike regenerasie waaruit veral die middestad van Manchester voordeel kon trek.
 
Vandag is Manchester 'n moderne metropool met 'n waardevolle argitektoniese erfenis, 'n ryk kulturele lewe en 'n florerende moderne ekonomie wat op die mediabedryf, ingenieurswese en wetenskappe baseer. 'n Doeltreffende vervoernetwerk verbind die stad met die res van die land en buitelandse bestemmings. ''Manchester Airport'' is die besigste Britse lughawe buite [[Londen]] en het bygedra tot die groei van die plaaslike toerismebedryf - Manchester is intussen die derde mees besoekte stad in die Verenigde Koninkryk ná Londen en [[Edinburg]].