Verskil tussen weergawes van "Pous Johannes XIII"

Opruim
k (Verplasing van 1 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q181952)
(Opruim)
|opvolger=[[Pous Benedictus VI|Benedictus VI]]
|geboortedatum=± [[938]]
|geboorteplek= [[Rome]], [[Italië]]
|sterftedatum=[[6 September]] [[972]]
|sterfteplek=[[Rome]], [[Italië]]
|ander=Johannes
}}
 
'''Johannes XIII''' was die 133ste [[pous]] van die [[Rooms-Katolieke Kerk]].
 
== Biografie ==
'''Pous Johannes XIII''' is gebore as '''Giovanni Crescenzi''' ongeveer in [[938]] in [[Rome]], [[Italië]] die seun van Theodora, die suster van Marozia. Pous Johannes XIII was uit dieselfde familie Theophylactus as [[Pous Johannes XII]]. In teenstelling met sy voorganger is hy egter soms 'Johannes die Goeie' genoem. Voor sy verkiesing was Johannes biskop van Narni. Op [[1 Oktober]] [[965]] volg hy [[Pous Benedictus V]] op en regeer tot sy dood op [[6 September]] [[972]]. Hy word opgevolg deur [[Pous Benedictus VI]].
Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig'.
 
== Pontifikaat ==
'''Pous Johannes XIII''' was keiser Otto I se keuse as pous en lid van die magtige Crescenzi familie waaruit later ook [[Pous Silvester III]] en verskeie kardinale sou kom. Hy is ingewy in die teenwoordigheid van die geskiedskrywer en keiserlike gesant biskop Liutprand van Cremona en biskop Otger van Speyer. Die volk van [[Rome]] het hom die 'wit hoender' genoem en teen hom in opstand gekom en hom op [[16 Desember]] [[965]] gevange geneem en later verban, maar hy het op [[14 November]] [[966]] na Rome teruggekeer. Hy het die aartbisdom Magdeburg, Duitsland ingestel tydens 'n sinode in [[967]] en op [[25 Desember]] [[968]] is Adelbert as die eerste aartsbiskop in geseën. Op [[25 Desember]] [[967]] kroon hy die twaalfjarige Otto II as medekeiser en hy steun die huwelik van Otto II met die [[Bisantium|Bisantynse]] prinses Theophano die niggie van keiser Johannes I Tzimisces en op [[14 April]] [[972]] voltrek hy die huwelik in die Sint Pieterskerk<ref>"John XIII." Encyclopædia Britannica. 2008. Encyclopædia Britannica Online. 2 Junie 2008 <http://www.britannica.com/eb/article-9043763></ref>.
Daar word gesê dat die pous die Lateraanse paleis in 'n harem omskep het en dat hy vermoor is deur die man van een van sy minnaresse.<ref>[http://www.welt.de/print-welt/article660675/Verhoehnt_verpruegelt_vergiftet.html ''Verhöhnt, verprügelt, vergiftet'' Berig in Der Welt (Duits){{de}}]</ref>.
 
== Bibliografie ==
* Duff, Eamon (2001). ''Saints and Sinners: A History of the Popes'', Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6
* Maxwell-Stuart, P. G. (2002). ''Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present'', Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
 
== Verwysings ==
{{reflistVerwysings}}
== Eksterne skakels ==
{{En-Wikisource info|Catholic Encyclopedia (1913)/Pope John XIII}}
{{CommonsKategorie|Ioannes XIII|Pous Johannes XIII}}
* {{CE|http://www.newadvent.org/cathen/08427a.htm}}
* {{CF|http://www.catholic-forum.com/saints/pope0133.htm}}
* {{BBKL|http://www.bautz.de/bbkl/j/Johannes_XIII.shtml}}
* {{PTA|http://www.cfpeople.org/Books/Pope/POPEp134.htm#T1}}
* {{GM|http://www.genealogie-mittelalter.de/paepste/johannes_13_papst_+_972.html}}
* [http://www.serlupi.it/Crescenzi.html Crescenzi familie (Italiaans)]
 
== Nota ==