Verskil tussen weergawes van "Alexander von Bunge"

Opruim
(→‎Werke: Verbeter)
(Opruim)
}}
 
'''Alexander von Bunge''' ([[Russies]]: Александр Андреевич Бунге, Aleksandr Andrejewitsj Bunge, * [[6 Oktober]] [[1803]] in [[Kiëf|Kijiv]],; † [[18 Julie]] [[1890]] in Dorpat, tans [[Tartu]], [[Estland]]) was 'n Duits-Balties-Russiese botanikus, ontdekkingsreisiger en geneeskundige van [[Swede|Sweedse]] afkoms.<ref>[http://www.edimuster.ch/alkoholgeschichte/bungebiographie.htm ''Gustav von Bunge'']</ref>
 
== Lewe ==
Bunge het vanaf 1821 geneeskunde en plantkunde aan die destyds Duitssprekende Universiteit van Dorpat (tans Tartu) gestudeer. In 1825 het hy sy studie in geneeskunde voltooi en gepromoveer. In 1826 het hy saam met Carl Friedrich von Ledebour die flora van die [[Altaigebergte]] bestudeer en toe verder gereis tot hy in 1829 die oorsprong van die Katoenja bereik het. Die navorsing, wat hy in Rusland gedoen het, word in die wetenskaplike werk „''Karl Friedrich v. Ledebours Reise durch das Altaigebirge und die dsungarische Kirgisensteppe …''“ beskryf wat in 1829/30 in [[Berlyn]] verskyn het.
 
Hy het ook 'n beduidende bydrae tot twee ander werke van Ledebour gelewer, „''Flora altaica''“ (oor die flora van die Altaigebergte, 1829–331829–1833) en „''Icones plantarum novarum vel imperfecte cognitarum floram rossicam, imprimis altaicam, illustrantes''“ (1829–341829–1834).
 
As natuurvorser het hy die nuwe geestelike gesantskap na Sjina vergesel en die flora van die Gobi-steppe asook die flora in die omgewing van Beijing nagevors. In 1831 het hy na Rusland teruggekeer en die resultate van sy wetenskaplike navorsing in die werke ''Enumeratio plantarum, quas in China boreali collegit'' (Sint Petersburg 1831) en ''Plantarum mongholico-chinensium decas I'' (Kasan 1835) gepubliseer.
 
In 1832 het hy weer deur die Altaigebergte gereis en navorsing oor die flora van die oostelike dele van Altai gedoen. In 1834 het hy professor vir plantkunde in Kasan geword. In 1835 het hy die [[Wolga-rivier|Wolga]]-[[steppe]] en die [[Strachan]]-streek nagevors.<ref>''Александр Андреевич Бунге'' - А.К. Сытин ; отв. ред. Р.В. Камелин. — М. : Наука, 2006. — ISBN 5-02-035310-8</ref>. Bunge het in 1836 na Dorpat verhuis waar hy as professor vir plantkunde en as direkteur van die botaniese tuin werksaam was.
 
In Desember 1857 het hy by die wetenskaplike ekspedisie aangesluit wat navorsing oor Cborasan gedoen het en onder meer deur [[Afghanistan]] gereis. Vanuit Astrabad het hy na Sjahroed, Nisjapoer, Mesjhed en Herat gereis en in 1858 'n reis na die oostelike kant van die Groot Soutwoestyn en Tebbes onderneem.
 
In Februarie 1859 het hy via Lasj, deur die soutwoestyn na Chablis, Kerman, Isfahan, Teheran, Tabriz en Tiflis na Dorpat teruggereis waar hy in Augustus van dieselfde jaar aangekom het. Hier het Bunge begin om die botaniese resultate van sy reis te verwerk. In 1868 het Bunge sy emeritaat aanaar. Hy is op [[6 Julie]] [[1890]] in Dorpat oorlede.
 
== Naamgewing ==
'n [[Mars]]-krater, die eiland Bungeland (tans Kotelni-eiland in die Russiese Arktisgebied)
== Seuns ==
Die twee seuns van Alexander von Bunge is
* [[Gustav von Bunge|Gustav]] (1844–1920), fisioloog en professor in [[Basel]], [[Switserland]]
* Alexander (1851–1930), geneeskundige, natuurvorser en dierkundige
 
== Werke ==
 
== Verwysings ==
{{verwysingsVerwysings}}
 
== Eksterne skakels ==
{{CommonsKategorie|Alexander Georg von Bunge}}
* [http://dspace.utlib.ee/dspace/browse?type=author&order=ASC&rpp=20&value=Bunge%2C+Alexander+Georg+von ''DSpace at Tartu University - Werke'']
* [http://www.botany.ut.ee/history/bunge.html ''Biografiese artikel - Universiteit van Tartu''.] ''In Estnies''.
 
{{DEFAULTSORT:Bunge, Alexander von}}