Verskil tussen weergawes van "Worcester"

1 416 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
Dorps- en afdelingsraadswapens
(Dorps- en afdelingsraadswapens)
==Distrik==
Die distrik is 4 139&nbsp;km<sup>2</sup> groot en lewer ongeveer 25% van die land se [[druiwe]]. Hier word meer [[wyn]] en [[brandewyn]] gemaak as in enige ander distrik in die land.
 
==Dorps- en afdelingsraadswapens==
 
===Munisipale wapen (1)===
Worcester se eerste munisipale wapen verskyn op 'n [http://www.ngw.nl/heraldrywiki/index.php?title=Category:UTC_South_African_town_arms tabakkaart] wat in 1931 uitgereik is : ''In blou, 'n goue valhek met kettings op 'n rooi en silwer wrong.'' Die valhek kom uit die Somerset-familiewapen.
 
===Munisipale wapen (2)===
Die raad het 'n nuwe wapen in 1948 aangeneem. Dit is jare later (in 1983) by die [[Buro vir Heraldiek]] geregistreer : ''Gevierendeel van swart en rooi, 'n goue valhek gespyker van blou; op 'n golwende silwer skildhoof, drie blou skywe, elk belaai met 'n goue fleur-de-lis''. Die helmteken was 'n goue halwe leeu met 'n horing van oorvloed. Die wapenspreuk was ''Mutare sperno''.<ref name=boh>http://www.national.archsrch.gov.za</ref>.
 
===Afdelingsraad se wapen (1)===
Op 'n stadium het die afdelingsraad (die plaaslike owerheid vir die landelike gebiede buite die munisipale grense) die voormalige munisipale wapen (d.w.s. munisipale wapen (1)) oorgeneem.
 
===Afdelingsraad se wapen (2)===
Die afdelingsraad het in 1974 'n nuwe wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer : ''In groen, 'n hoekige skuinsbalk van silwer in die vorm van 'n letter W tussen twee penninge van goud''. Die helmteken was twee druiwetrosse an weerskante van 'n rooi stok. Die wapenspreuk was ''Fructu noscitur''.<ref name=boh />
 
==Bron==
410

wysigings