Verskil tussen weergawes van "Bordeaux"

4 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
== Besienswaardighede ==
=== Stadsbuurte ===
Bordeaux se stadsbuurte het elkeen sy eie karakter en kan maklik per voet verken word. Saint-Michel is 'n kosmopolitiese buurt waar 'n weeklikse mark op Saterdae en 'n vlooimark op Sondae gehou word. In Saint-Pierre, 'n geskiedkundige buurt wat ook ''Vieux Bordeaux'' ("Ou Bordeaux") genoem word, het talle ou straatjies bewaar gebly, terwyl Grands Hommes die "Goue Driehoek" met weelderige villas en luukse winkels behels. Die stadsbuurt Chartrons het vroeër veral reders en wynhandelaars gehuisves, tog het hulle lankal plek gemaak vir antiekwinkels. Op die Quais des Chartrons word elke Sondagoggend 'n mark gehou waar Bordelaisers byeenkom om wit wyn en oesters[[oester]]s te geniet. Ook die Rue Bouffard in die stadsentrum word deur antiekwinkels oorheers.
 
=== Tuine en Waterspieël ===
109 189

wysigings