Verskil tussen weergawes van "Gerry Adams"

5 grepe verwyder ,  5 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
Adams is op 14 Maart 1984 ernstig in 'n sluipmoordpoging in [[Belfast]] gewond. Drie verdagtes is vir die aanval vasgekeer en is later verhoor en gevonnis.<ref>{{cite news | title = 1984: Sinn Féin leader shot in street attack | author = | url = http://news.bbc.co.uk/onthisday/hi/dates/stories/march/14/newsid_2543000/2543503.stm | publisher = ''[[BBC]]'' | date = | accessdate = 2007-03-22}}</ref> Adams het beweer dat die Britse leër vooraf van die voorval geweet het, maar dit toegelaat het om voort te gaan.<ref>{{cite news | title = Adams wants 1984 shooting probe | author = Kevin Maguire | url = http://news.bbc.co.uk/1/hi/northern_ireland/6179789.stm | publisher = ''[[BBC]]'' | date = 14 Desember 2006 | accessdate = 2007-03-22}}</ref>
 
Op 30 April 2014 is Adams as 'n verdagte in 'n moordsaak in hegtenis geneem. Jean McConville, 'n moeder van tien, is in 1972 is deur IRL-lede ontvoer. Haar lyk is egter eers in 2003 gevind.<ref>[http://nos.nl/artikel/642433-gerry-adams-opgepakt-voor-moord.html Gerry Adams opgepakt voor moord], NOS Nieuws, 30 April 2014</ref> Adams wordis daarvan verdink dat hy destyds opdrag vir die moord gegee het. Sy betrokkenheid blyk uit die sogenaamde "Boston-tapes", onderhoude wat deur die Universiteit van Boston vir 'n geskiedenisprojek opgeneem is. Tydens die opnames het IRL-lede openlik oor hul verlede gepraat en Adams se rol in die McConville-saak aan die kaak gestel.<ref>[http://www.volkskrant.nl/vk/nl/2668/Buitenland/article/detail/3646293/2014/05/01/De-Boston-tapes-worden-beruchte-40-jaar-oude-IRA-moorden-opgelost.dhtml De Boston-tapes: worden beruchte 40 jaar oude IRA-moorden opgelost?], De Volkskrant, 1 Mei 2014</ref> Hy is egter nie aangekla nie en het alle bewerings teen hom as kwaadwillig afgemaak en verwerp.<ref>[https://www.republikein.com.na/internasionaal/sinn-fein-leier-hegtenis-geneem.248058?qt-sections=1 Sinn Fein-leier in hegtenis geneem], [[Die Republikein]], besoek op 19 Desember 2015</ref>
 
== Verwysings ==