Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

+ Beeld
| spele = 11
| soort = Somer
| beeld = 1936 berlin logo.jpg
| jaar = 1936
| plek = [[Berlyn]], [[Duitsland]]
}}
 
[[Lêer:Bundesarchiv B 145 Bild-P017073, Berlin, Olympische Spiele im Olympiastadion.jpg|duimnael|links|Die Olimpiese Stadion in Berlin, 1936.]]
[[Lêer:Jesse Owens2.jpg|duimnael|links|Jesse Owens hardloop die 200 meter.]]
Die '''Olimpiese Somerspele van die XIe Olimpiade''' is in [[1936]] in [[Berlyn]], [[Duitsland]] gehou. In [[1931]] is Berlyn deur die [[Internasionale Olimpiese Komitee|IOK]] bo [[Barcelona]] as gasheer vir die Spele verkies. Berlyn het 43 teenoor Barcelona se 16 stemme gekry.
 
 
Hoewel die Spele dus aan Berlyn toegeken is voordat die [[Nazi]]'s in Duitsland aan bewind gekom het, sien die owerheid die Spele as 'n geleentheid om sy [[fascisme|fascistiese]] ideologie uit te dra. [[Leni Riefenstahl]] word aangestel om 'n film oor die Spele te maak. Die film ''[[Olympia (film)|Olympia]]'' kan as [[propaganda (kommunikasie)|propaganda]] bestempel word, maar gebruik 'n aantal ongewone tegnieke wat destyds nog nie in sportfilms aangewend is nie.
 
[[Lêer:Bundesarchiv B 145 Bild-P017073, Berlin, Olympische Spiele im Olympiastadion.jpg|duimnael|links|Die Olimpiese Stadion in Berlin, 1936.]]
 
Om soveel moontlik oorwinnings te verseker, stel die Duitse owerheid [[anaboliese steroïde]] en [[testosteroon]] aan hulle atlete beskikbaar. Duitsland oorheers die Spele en het heelwat meer medaljes as enige ander land ingepalm. In 'n weerlegging van die rassistiese Nazi-filosofie, behaal die swart Amerikaner, [[Jesse Owens]], egter vier goue medaljes. Owens was gewild onder die toeskouers en Duitse publiek, en is meer entoesiasties as in sy tuisland ontvang.<ref name=about>{{cite web|title=German Myth 10: The 1936 Berlin Olympics Hitler and Jesse Owens|url=http://german.about.com/library/blgermyth10.htm |publisher=About.com |accessdate=24 Maart 2014}}</ref> Hitler besluit egter om geen medaljes persoonlik toe te ken nie, moontlik omdat die swart Amerikaner, Cornelius Johnson, op die eerste dag van die Spele 'n goue medalje verower het.<ref name=about />
 
[[Lêer:Jesse Owens2.jpg|duimnael|Jesse Owens hardloop die 200 meter.]]
 
Die superioriteit van die Reich kom ook tot uiting in die oorweldigende infrastruktuur wat vir die Spele opgerig is: 'n splinternuwe stadion is gebou ten weste van die [[Slot Charlottenburg]] met sitplek vir honderd-duisend toeskouers. Langsaan is die swembad met sitplek vir twintigduisend toeskouers opgerig.
== Aantal medaljes ==
Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
 
{| {{Medaljetabel}}
|- bgcolor=ccccff