Verskil tussen weergawes van "Redoksreaksie"

2 007 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
 
Die oksidasietoestand van die elemente is 0, maar in water is die oksidasietoestand van H +1 en van O -2. Dit wil sê dat twee elektrone oorgedra is van die waterstofatome na die suurstofatoom.
 
== Gebalanseerde reaksievergelykings ==
Dis nie altyd eenvoudig 'n vergelyking van 'n redoksreaksie te balanseer nie. Die reaksie kan altyd in twee halfreaksies opgedeel word, als mens eers die oksidasietoestande bepaal. 'n Voorbeeld is die reaksie van [[permanganaat]] met [[nitriet]] in waterige oplossing.
 
:<math> MnO_4^{-} + NO_2^{-} \to Mn^{2+} + NO_3^{-} </math>
 
Die oksidasietoestand van die mangaanatoom verander van +7 na +2 en dit vereis 5 elektrone:
 
:<math> Mn^{7+} + 5e^{-} \to Mn^{2+} </math>
 
Die mangaanspesie is egter aanvankelik nie die Mn<sup>7+</sup>-ion nie, maar die permanganaation MnO<sub>4</sub><sup>-</sup> en om die suurstofatome wat dit bevat te balanseer, moet ons daarom watermolekule toevoeg:
 
:<math> MnO_4^{-} + 5e^{-} \to Mn^{2+} + 4H_2O </math>
 
Nou het ons waterstofatome aan die regterkant ingevoer en dit vereis H<sup>+</sup>-ione aan die linkerkant op hierdie element te balanseer
 
:<math> 8H^{+} + MnO_4^{-} + 5e^{-} \to Mn^{2+} + 4H_2O </math>
 
Die oksidasietoestand van die stikstofatome verander van +3 na +5 en dit lewer twee elektrone. Ook hier moet 'n waterbalans toegepas word.
 
:<math>N^{3+} \to N^{5+} + 2e^{-}</math>
:<math>NO_2^{-} \to NO_3^{-} + 2e^{-}</math>
:<math>H_2O + NO_2^{-} \to NO_3^{-} + 2e^{-} +2H^{+}</math>
 
Die twee gebalanseerde halfreaksies is:
 
:<math> 8H^{+} + MnO_4^{-} + 5e^{-} \to Mn^{2+} + 4H_2O </math>
:<math>H_2O + NO_2^{-} \to NO_3^{-} + 2e^{-} +2H^{+}</math>
 
Hulle kan net dan gekombineer word as hulle dieselfde aantalle elektrone betref. Dit kan bereik word deur die eerste vergelyking met 2 en die tweede met 5 te vermenigvuldig.
 
:<math> 16H^{+} + 2MnO_4^{-} + 10e^{-} \to 2Mn^{2+} + 8H_2O </math>
:<math>5H_2O + 5NO_2^{-} /to 5NO_3^{-} + 10e^{-} +10H^{+}</math>
 
Nou kan ons kombineer en die elektrone skrap
:<math> 16H^{+} + 2MnO_4^{-} + 5H_2O + 5NO_2^{-} \to 2Mn^{2+} + 8H_2O + 5NO_3^{-} +10H^{+}</math>
 
Dit kan vereenvoudig word tot:
:<math> 6H^{+} + 2MnO_4^{-} + 5NO_2^{-} \to 2Mn^{2+} + 3H_2O + 5NO_3^{-}</math>
 
 
{{Saadjie}}
22 778

wysigings