Verskil tussen weergawes van "Gereformeerde kerk Magalakwin"

geen wysigingsopsomming nie
 
== Kerkbou ==
Reeds aan die begin van die dertigerjare het lidmate self aan die werk gespring en hul eie kerk gebou. Die hoeksteen is op [[12 Desember]] [[1931]] gelê en die gebou is ingewy op [[2 April]] [[1932]]. Omdat ’n voordeur weens ’n tekort aan geld nog gekort het, is die ingang aanvanklik met doringtakke toegemaak. Later is genoeg geld ingesamel om ’n deur aan te bring. Dié kerk bied glo sitplek aan 200 kerkgangers, maar dié bewering is nog nooit getoets nie omdat Magalakwin in sy hele bestaan nog nooit so baie lidmate gehad het nie, want selfs in die bloeitydperk omstreeks 1960 was hier maar 66 belydende en 57 dooplidmate. Dié gebou, wat jare gelede tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar is, is hoogs doelmatig, maar moes mesmet die jare meermale opgeknap word weens die rousteen-samestelling.
 
’n Ruim saal, wat eers net ’n afdak agter die kerkgebou was, is later voltooi. Dit het eers in vroeg in die 21ste eeu ’n plafon gekry en dit is hier dat lidmate Sondae bymekaarkom om gesellig te kuier.
 
== Hoeksteen vervang ==
Die hoeksteen van 1931 het mettertyd verweer en tydens die restourasie aan die kerk van 2005 is dit vervang deur ’n nuwe steen met dieselfde bewoording as dié op die oue. Toe die ou steen uitgehaal word, is afgekom op ou vrugteflesse waarin ds. P.J. de Klerk, die eerste predikant en die hoeksteenlêer, se intreepreek in ’n boekie saamgevat is, ’n ou [[Gustav Preller]]-koerantjie met [[Danie Craven]] se foto daarby en skryfblok-afskrifte waarop die koste en materiaal aangebring is. Dié vonds word nou bewaar in ’n glaskas, wat spesiaal vir dié doel gemaak is. Agter die nuwe hoeksteen het 2005 se lidmate hul nalatenskap gelaatgeplaas vir wie dit ook al eendag daar sal uithaal.
 
== Bronne ==
 
[[Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika]]
{{DEFAULTSORT:Magalakwin, Gereformeerde kerk}}
85 759

wysigings