Verskil tussen weergawes van "Gereformeerde kerk Magalakwin"

Reeds aan die begin van die dertigerjare het lidmate self aan die werk gespring en hul eie kerk gebou. Die hoeksteen is op [[12 Desember]] [[1931]] gelê en die gebou is ingewy op [[2 April]] [[1932]]. Omdat ’n voordeur weens ’n tekort aan geld nog gekort het, is die ingang aanvanklik met doringtakke toegemaak. Later is genoeg geld ingesamel om ’n deur aan te bring. Dié kerk bied glo sitplek aan 200 kerkgangers, maar dié bewering is nog nooit getoets nie omdat Magalakwin in sy hele bestaan nog nooit so baie lidmate gehad het nie, want selfs in die bloeitydperk omstreeks 1960 was hier maar 66 belydende en 57 dooplidmate. Dié gebou, wat jare gelede tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar is, is hoogs doelmatig, maar moes met die jare meermale opgeknap word weens die rousteen-samestelling.
 
’n Ruim saal, wat eers net ’n afdak agter die kerkgebou was, is later voltooi. Dit het eers in vroeg in die 21ste eeu ’n plafon gekry en dit is hier datwaar lidmate Sondae bymekaarkom om gesellig te kuier.
 
== Hoeksteen vervang ==
98 936

wysigings