Verskil tussen weergawes van "Irannese Rewolusie"

geen wysigingsopsomming nie
In 1977 het studente teen die regime in opstand gekom en het hulle op 'n staat aangedring waarin die Persiese en die Islamitiese karakter van die land meer na vore sou kom. Tot dan toe was Iran 'n diktatuur wat sterk deur die Weste, veral die [[VSA]], ondersteun is. Spoedig het meer ontevrede mense soos die intellektueles, middelstaander, die kommunistiese [[Tudeh-party]] en geestelikes hulle by die studente aangesluit. In 1978 het die sjah haastig 'n paar maatreëls ingevoer, bv. die herinstelling van die [[Islamitiese kalender]] en die afskaffing van die eenpartystelsel. Die laaste skuif het aan die [[Nasionale Front (Iran)|Nasionale Front]] die kans gegee om hulself opnuut te organiseer. Islamitiese rewolusionêres het later die [[Islamitiese Rewolusionêre Party]] (IRP) opgerig, wat met die ideë van Khomeini vereenselwig het. Maar die maatreëls van die sjah het te laat gekom.
 
In September 1978 het die land gedestabiliseer. Grootskaalse proteste het reëlmatig plaasgevind. Op Vrydag 8 September het 'n enorme demonstrasie in [[Teheran]] plaasgevind. Die demonstrasie is hardhandig neergeslaan waarby honderde hul lewens verloor het. Dit het tot gevolg gehad dat die weerstand teen die regime alleen maar sterker geword het — sowel onder die eie bevolking as by ander lande. Die sjagsjah het later 'n noodtoestand onder [[krygswet]] aangekondig.
 
In Oktober 1978 het 'n algemene staking plaasgevind, waarby die meeste industrieë gesluit is.
3 622

wysigings