Verskil tussen weergawes van "Krygswet"

4 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
== Suid-Afrika ==
In Suid-Afrika word die verklaring van 'n noodtoestand gereël deur seksie 37 van die Grondwet en die Wet op die Noodtoestand van 1997. Hiervolgens kan 'n noodtoestand vir slegs 21 dae verklaar word en kan slegs met toestemming van die Parlement tot drie maande verleng word. Maar op voorwaarde dat die Grondwethof die verklaring van 'n noodtoestand goedkeur. In die geval van 'n verlenging moet dit by die [[Verenigde Nasies]] aangemeld word.
Goew. [[Jan Willem Janssens|J.W. Janssens]] het op [[4 Januarie]] [[1806]] op die vooraand van die [[Slag van Blaauwberg]] krygswet afgekondig. In September 1902 is krygswet in die [[Kaapkolonie]] opgehef nadat die [[Tweede Vryheidsoorlog]] beëindig is. In die [[Eerste Wêreldoorlog]] sowel as die [[Tweede Wêreldoorlog]] is daar krygswet in Suid-Afrika verklaar. Tydens die [[1922-staking]] aan die [[Witwatersrand]] is krygswet afgekondig en hardhandig opgetree teen die stakers. Vanaf 30 Maart tot 31 Augustus 1960 was daar 'n verklaarde noodtoestand in 122 van die land se 265 landdrosdistrikte. Dit het plekke ingesluit soos [[Sharpeville]], [[Langa]], Mbekweni, [[Soweto]] en KwaMashu en is die [[ANC]] en die [[PAC]] verbied. En tydens die noodtoestand van Februarie 1963 is tientalle [[Poqo]]- en [[ANC]]-lede gearresteer. Op 20 Julie 1985 is die noodtoestand in sekere landdrosdistrikte afgekondig na [[UDF]]-optrede, die polisie in Maart in [[Uitenhage]] op 'n vreedsame skare skiet en op 16 Junie bomme in [[Durban]] en [[Johannesburg]] ontplof. Minder as 'n jaar later, op 12 Junie 1986, is 'n nasionale noodtoestand verklaar en aan die einde van daardie maand was meer as 20 000 mense in aanhouding.
 
== Buiteland ==