Verskil tussen weergawes van "Trafalgarplein"

114 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
k
 
Die huidige plein se perseel was reeds in die 13de eeu een van die bekendste bakens in die destydse [[Engeland|Engelse]] hoofstad wat die Koninklike Perdestalle (''Royal Mews'') gehuisves het. Nadat dié stalle tydens die regering van koning [[George IV van die Verenigde Koninkryk|George IV]] na die [[Buckingham-paleis]] verskuif is, is die buurt volgens 'n ontwerp van die befaamde argitek John Nash herontwikkel. Ná Nash se afsterwe het die bouwerk egter net stadig gevorder sodat die plein eers in 1844 geopen kon word.
[[Lêer:South_Africa_House_(5821890252).jpg|duimnael|links|Suid-Afrika-huis, setel van die RSA se Hoë Kommissie]]
 
Die sentrale monument op Trafalgarplein is Nelson se kolom wat deur vier leeue-standbeelde bewaak word, naas 'n aantal ander monumente en standbeelde wat hier opgerig is. Net die Vierde (noordwestelike) Plint is sedert 1840 vrygelaat en vanaf 1999 vir wisselende vertonings van moderne kuns gebruik.