Verskil tussen weergawes van "Gereformeerde kerk Bloemfontein"

k
 
== Eerste jare ==
Hoewel die gemeente aanvanklik net uit 90 lidmate bestaan het en die meeste van hulle minder gegoede lede van die arbeidersklas was, het die gemeente ondanks armoede en moeilike omstandighede daarin geslaag om ná enkele jare 'n kerkgebou op te rig. Weldra is ds. Postma as eerste leraar beroep en in 1905 hier bevestig. Die ledetal het intussen tot 220 aangegroei en spoedig was die eerste pastorie ook klaar. Nadat dr. W.J. Snyman van die [[Gereformeerde kerk Steynsburg]] vanaf Januarie 1912 vir twee jaar studieverlof na [[Nederland]] vertrek het, het ds. Postma saam met ds. T. Hamersma op Steynsburg gaan waarneem en Bloemfontein tussendeur een maal per maandemaand bedien. Dit het 'n welkome geldelike verligting aan die sukkelende Vrystaatse gemeente gebied.
 
Ds. Postma moes in 1913 sy emeritaat weens swak gesondheid aanvaar al was hy skaars 40 jaar oud. Tydens die jaar of wat dat hy uit die bediening was, het hy in so 'n mate herstel dat hy in 1914 na die gemeente kon terugkeer.
92 191

wysigings