Verskil tussen weergawes van "Drakensberge"

12 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
+Skakel Cathedralpiek
(+Skakel Cathedralpiek)
[[Lêer:Drakensburgmountains.jpg|thumbduimnael|regs|300px|Die Drakensberge in die somer.]]
[[Lêer:Maluti.jpg|thumbduimnael|regs|300px|Sneeu op die Drakensberge.]]
 
Die '''Drakensberge''', wat oor 'n afstand van byna 1 000 kilometer van die Kaapse [[Stormberg]]e deur die [[Vrystaat]] en [[KwaZulu-Natal]] tot by die [[Wolkberg]] in [[Limpopo]] strek, is die grootste bergreeks in Suider-Afrika, met die [[Thabana Ntlenyana]] ("Klein Berg") in [[Lesotho]] (3 482 meter) en die Mafadi in [[Suid-Afrika]] (3 451 meter) as sy hoogste punte. Ook 'n aantal van die ander pieke soos [[Ben Macdhui]] (in [[Oos-Kaap]]), Cathkinpiek, [[Cathedralpiek]], Cleftpiek, [[Giant's Castle]] en [[Sentinel]] verrys almal meer as 3 000 meter.
 
Die Drakensberge skei die hoogplato van die Suid-Afrikaanse binneland van die laerliggende kusgebiede in die ooste van die land en is die grootste waterskeiding. Die [[Oranjerivier|Oranje-]] en [[Tugelarivier]], twee van Suid-Afrika se grootste riviere, het hulle oorsprong by die [[Mont-aux-Sources]] ([[Franse taal|Frans]]: "Berg by die bronne").
 
Die Drakensberge het hulle ontstaan sowat 150 miljoen jaar gelede aan [[vulkaan|vulkaniese]] uitbarstings te danke en is 'n oorblyfsel van 'n groter plato. Hulle [[Afrikaans]]e naam verwys na 'n ou legende waarvolgens dit die tuiste van vuurspuwende drake sou wees. Die Zoeloes noem die Drakensbergreeks ''uKhahlamba'' of "Versperring van spiese".
Die uKhahlamba of Nasionale Drakensbergpark in KwaZulu-Natal is deur [[UNESCO]] in [[2000]] as 'n [[wêrelderfenisgebied]] gelys.
 
Daar is baietalle bergpasse oor die Drakensberg waarvan die [[Sanipas]] een van die bekendste is.
 
[[Lêer:GiantsCastlePanoramaSmall.jpg|thumbduimnael|centersenter|800px|'n Panoramiese uitsig oor Giant's Castle]]
 
== Sien ook ==