Verskil tussen weergawes van "Gereformeerde kerk Odendaalsrus"

geen wysigingsopsomming nie
(Nuwe bladsy geskep met 'Die '''Gereformeerde kerk Odendaalsrus''' is die sesde oudste van die 22 gemeentes in die GKSA se Klassis Noord-Vrystaat. Einde 201...')
 
 
== Stigting ==
[[Beeld:Gereformeerde kerk Odendaalsrus ou kerk.jpg|duimnael|regs|300px|Die eerste Gereformeerde kerkgebou op [[Odendaalsrus]], in gebruik van 1936 tot omstreeks 1956.]]
Met afstigting in 1933 van die [[Gereformeerde kerk Ventersburg]] (gestig in 1864 en die oudste gemeente in die Klassis) het die nuwe Gereformeerde kerk Odendaalsrus geen kerkgebou gehad nie. Eredienste is in die sinksaal van die [[NG gemeente Odeldaalsrus]] gehou. Vroeg reeds was daar by die lidmate 'n sterk behoefte aan 'n eie kerkgebou, en nadat die gemeente by wyse van kollektelyste £117 ingesamel het, is in Mei 1936 besluit om oor te gaan tot die bou van ’n eie kerk.
 
 
== Die huidige kerkgebou ==
In 1953 is besluit om 'n nuwe kerkgebou te bou en 'n boufonds is gestig. Bouwerk aan die tweede en huidige kerkgebou het in 1955 in alle erns begin. Al die boumateriaal is deur die kerkraad aangekoop. 'n Lening vir R24 000 (omgereken) is van die Eeufeesbedieningsfonds verkry, maar bydraes vir die boufonds het so ingekom dat net R18 000 gebruik is. P.P. van der Merwe was die argitek en die Strydom-broers het die kerkgebou teen kosprys plus 5 persent opgerig. Op die hoeksteen van die gebou staan die woorde: "Kom na Hom toe, die lewende steen" (1 Petrus 2:4). Ds. B. Duvenhage het dié hoeksteen op [[17 Maart]] [[1956]] onthul. Die houtpreekstoel is deur C.P. Steyn van [[Nylstroom]] aan die gemeente geskenk. Die totale koste van die kerkgebou was R36 000. Dit is in die naweek van [[25 Augustus|25]] en [[26 Augustus]] [[1956]] in gebruik geneem. Die orrel is ses maande later teen R5 700 (omgereken) geïnstalleer. Vrouelidmate het onder leiding van mev. ds. Duvenhage die geld vir die orrel ingesamel, en einde 1957 is dit afbetaal. In 1960 het die belydende lidmate 260 getel en die dooplidmate 201.
 
== Bronne ==
84 985

wysigings