Verskil tussen weergawes van "Angola"

167 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
 
[[Lêer:Angolakaart.png|duimnael|links|Kaart van Angola]]
 
Die '''Republiek van Angola''' ([[Portugees]]: ''República de Angola'') is 'n land in [[Suider-Afrika]] wat grens aan [[Namibië]], die [[Demokratiese Republiek van die Kongo]], [[Zambië]] en die [[Atlantiese Oseaan]] in die weste. Die provinsie [[Cabinda (provinsie)|Cabinda]], wat hom ten noorde en buite die land self bevind, grens aan die [[Republiek van die Kongo]]. Angola is 'n lid van die [[Afrika-unie]] en 'n voormalige [[Portugal|Portugese]] kolonie wat onafhanklikheid in [[1975]] bereik het. Die hoofstad en grootste stad is [[Luanda]].
 
Angola was 'n [[Portugese Ryk|Portugese kolonie]] van die 16de eeu tot 1975. Ná onafhanklikwording was Angola van 1975 tot [[2002]] in 'n ernstige [[burgeroorlog]] gedompel. Die oorlog het ook deel uitgemaak van die wêreldwye [[Koue Oorlog]], met [[Sowjetunie]] en [[Kuba]] wat die kommunisties gesinde [[MPLA]] (''Movimento Popular de Libertação de Angola – Partido do Trabalho'') ondersteun het terwyl [[Suid-Afrika]] en die [[Verenigde State van Amerika|Verenigde State]] die anti-kommunistiese [[UNITA]] (''União Nacional para a Independência Total de Angola'') ondersteun het.
== Geografie ==
[[Lêer:Lubango-Namibe landscape.jpg|duimnael|links|Die berge van [[Lubango]]]]
MetAngola het 'n groot binnelandse plato wat skerp daal na 'n smal kusvlakte aan die [[Atlantiese Oseaan]]. Dit is die 23ste grootste land ter wêreld (na [[Niger]]) met 'n oppervlakte van 1,&nbsp;246,&nbsp;620 &nbsp;km2,.<ref>{{en}} https://www.cia.gov/library/publications/the-world-factbook/rankorder/2147rank.html</ref> is Angola die wêreld se 23ste grootste land (na [[Niger]]). Dit is vergelykbaar in grootte met [[Mali]] en is amper twee keer so groot soos die Amerikaanse deelstaat [[Texas]], of vyf keer so groot soos die [[Verenigde Koninkryk]].
 
Angola word begrens deur [[Namibië]] in die suide, [[Zambië]] in die ooste, die [[Demokratiese Republiek van die Kongo]] in die noordooste, en die [[Atlantiese Oseaan]] in die weste. Die [[eksklawe]] Cabinda grens ook aan die [[Republiek van die Kongo]] in die noorde. Angola se hoofstad, [[Luanda]], lê aan die Atlantiese kus in die noordweste van die land.
 
=== Klimaat ===