Verskil tussen weergawes van "Sirië"

30 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
k
Die toenemende integrasie in die wêreldmark het ingrypende veranderings meegebring. Die invoer van Europese goedere het verbruikervoorkeure in stedelike omgewings na buitelandse produkte laat verskuif, terwyl inheemse ambagte - veral die tekstielbedryf - moeilike tye beleef het. Uit die Europese vraag na plaaslike landbouprodukte, wat nou winsgewend uitgevoer kon word, het 'n groeiende klas van middelmanne en handelaars met goeie betrekkinge tot Europa voordeel getrek. Baie van hulle was Christene of Jode.
 
Nadat die soeltan in 1856 die gelykstelling van alle onderdane, ongeag hul godsdiens, ingestel het, terwyl Europese moondhede openlik as beskermhere van Christene opgetree het (Frankryk het die belange van Rooms-Katolieke, Rusland dié van Ortodokse gelowiges beskerm), het sosiale spanninge in die tweede helfte van die 19de eeu langs godsdienstige breuklyne ontlont. In 1850 is Christelike buurte in Aleppo en tien jaar later ook in Damaskus deur Moslems aangeval. In Libanon het in 1860 spanninge tussen Maroniete en [[Droese]] ontvlam in bloedige gevegte.
 
== Demografie ==