Verskil tussen weergawes van "NG Kerk in Zambië"

Opruim
(Opruim)
: ''Hierdie artikel handel oor die geskiedenis van die [[Nederduitse Gereformeerde Kerk]] in [[Zambië]]. Vir besonderhede oor die gemeente in [[Lusaka]], sien [[Dutch Reformed Church in Zambia]].''
 
[[Lêer:Zamgemeentes.jpg|duimnael|regs|300px|Die ligging van die eertydse elf NG gemeentes.]]
 
Die [[Nederduitse Gereformeerde Kerk]] is reeds meer as 80 jaar amptelik in [[Zambië]] teenwoordig aangesien die [[NG gemeente Lusaka]] op [[26 Junie]] [[1919]] van [[Bulawayo]] in die destydse [[Rhodesië|Suid-Rhodesië]] afgestig het. Lidmate van die kerkverband het vinnig toegeneem danksy veral die ontginning van koper in die [[Koperstreek]]-provinsie, maar die getal het sedert die laat jare vyftig, toe dit duidelik word dat [[Noord-Rhodesië]] 'n onafhanklike staat sou word, van 'n hoogtepunt van 3 300 afgeneem tot net 'n paar honderd vyftig jaar later. Die getal gemeentes het terselfdertyd van elf afgeneem tot een ([[Lusaka]]), maar van 1998 was daar weer twee nadat [[NG gemeente Nkana|Nkhana]] opnuut van [[Lusaka]] afgestig het.
 
== Eerste jare ==
Die eerste [[Afrikaans]]sprekendes het omstreeks 1902 van [[Suid-Afrika]] af na [[Livingstone]] verhuis en die volgende jaar na [[Lusaka]]. Dié stad is in 1913 as dorp verklaar. Teen 1912 was daar reeds meer as 250 [[Nederduitse Gereformeerde Kerk|NG lidmate]] in die latere [[Noord-Rhodesië]] en na raming was 'n kwart van die blankes wat teen 1913 in die distrik Lusaka gewoon het, NG lidmate.
 
Lusaka is op [[26 Junie]] [[1919]] afgestig en op die eerste kerkraadsvergadering op [[30 Augustus]] [[1919]] besluit die kerkraad die gemeente sal 'n hulpbehoewende gemeente wees. Op dieselfde vergadering word ds. P. de W. Eksteen as eerste leraar beroep en hy aanvaar dit.
 
== Koperstreek ==
In [[1933]] is die werk in die [[Koperstreek]] saamgevat in die [[NG gemeente Nkana]]. In dié provinsie is daar uiteindelik nog vier gemeentes afgestig. Ene W.C. Cilliers het reeds die ryk koperneerslae van die [[Koperstreek]] in 1902 ontdek, maar die gebied was ongeskonde boswêreld tot daar in 1925 met ontginning begin is. Binne die eerste vyf jaar het 10 000 blankes uit alle wêrelddele na [[Noord-Rhodesië]] gekom. Werk was volop en die salarisse goed. Skaars het die myne egter begin koper uitvoer toe pryse skielik weens die [[Groot Depressie]], wat van omstreeks 1930 tot 1935 geduur het, skerp daal en werkloosheid ontstaan. Later het die koperprys herstel en die myne onverpoos uitgebrei.
 
[[Beeld:TA_Theron.jpg|duimnael|regs|190px|Ds. T.A. Theron, eerste leraar op [[NG gemeente Mufulira|Mufulira]].]]
 
Die eerste NG lidmate in die [[Koperstreek]] het onder die sorg van die enigste Noord-Rhodesiese gemeente, [[NG gemeente Lusaka|Lusaka]], geval. Dr. H.C. de Wet van Lusaka was die eerste leraar wat vir NG lidmate in die [[Koperstreek]] verantwoordelik was. Midde-in die [[Groot Depressie]] stig Nkana van Lusaka af. Nkana was die myn by die huidige stad [[Kitwe]], wat die mees sentrale punt van al die ontluikende myndorpe was. 'n Sendeling van die [[Vrystaat]]se kerk, dr. M.W. (Malcolm) Retief, was die eerste leraar van die myne. Die uitgestrekte werkkring met sy veelsydige probleme het besondere eise aan die leraar gestel. Sy huis was dikwels as 't ware net 'n kuierplek omdat hy soms tot ses weke op 'n keer besig was om nagmaal elders te bedien, selfs tot in [[Lubumbashi|Elizabethville]] in die Kongo. Ná nege jaar se moedige, vasberade bediening het Retief en sy vrou terug [[Suid-Afrika]] toe verhuis. Ds. D.J Redelinghuys het hom opgevolg en vir die meeste van sy vier jaar lange bediening 'n hulpprediker, ene prop. Viviers met standplaas [[Mufulira]], gehad om hom by te staan. Ds. A.J. Erasmus het die herderstaf by Redelinghuys oorgeneem.
 
Die werk om vier myndorpe en [[Ndola]], sowel as die [[Demokratiese Republiek van die Kongo|Belgiese Kongo]] te bearbei, was te veel vir een predikant en in 1945 stig [[Noord-Rhodesië]] se derde gemeente, [[NG gemeente Mufulira|Mufulira]], af. [[Chingola]] was toe deel van [[NG gemeente Mufulira|Mufulira]], maar steeds het [[NG gemeente Nkana|Nkana]] uit drie dorpe bestaan: [[Kitwe]], [[Luanshya]] en [[Ndola]]. Die eerste leraar op Mufulira weas ds. T.A. Theron, wat tot 1950 gebly het. Dieselfde jaar stig [[NG gemeente Chingola|Chingola]] af met 'n bruidskat van ₤500 van die moedergemeente. Ná Theron se vertrek was die gemeente tien maande lank vakant tot hulle ds. P.J. Meiring op [[17 Maart]] [[1951]] ontvang.
 
Die derde gemeente in die [[Koperstreek]] was [[NG gemeente Luanshya|Luanshya]], wat in 1949 van [[NG gemeente Nkana|Nkana]] afstig. [[Ndola]] was met afstigting deel van Luanshya. Die eerste predikant was ds. W.C. van der Merwe wat in April 1950 bevestig is. Binne enkele jare was daar twee sendinggemeentes binne Luanshya se grense, wat in 1952 sowat 700 lidmate en 200 klaslede gehad het. Nie lank daar nie stig [[NG gemeente Ndola]] van Luanshya af as die laaste van die [[Koperstreek]] se uiteindelik vyf gemeentes.
 
Kort voor en veral ná [[Zambië]] se onafhanklikwording op [[24 Oktober]] [[1964]] het die afsonderlike gemeentes geleidelik doodgebloei. Teen 1975 het selfs Nkana verdwyn, sodat net [[NG gemeente Lusaka|Lusaka]] toe oorgebly het.
 
== Gemeentes elders ==
In 1946 reeds word die [[NG gemeente Livingstone]] in die suide en in [[1955]] die [[NG gemeente Broken Hill]] (op die teenswoordige [[Kabwe]]) afgestig. Die gemeente op [[Mazabuka]] is in 1958 gestig en het in 1959 148 belydende lidmate gehad toe die leraar Willem Benjamin Jansen was. Die [[NG gemeente Fort Jameson]], op die dorp waarvan die naam na [[Chipata]] verander is, het minstens reeds in 1954 'n leraar gehad. Dié dorp het in 2009 sy eerste NG kerkbasaar in 15 jaar gehou en die lidmate daar kry af en toe besoek van 'n leraar van elders wat 'n erediens daar hou.<ref>http://www.drcz.ng.org.za/html/chip_nuus.html</ref>. Mettertyd het die [[Afrikaans]]sprekendes in [[Livingstone]] ook weer begin toeneem, sodat 'n leraar van die gemeente in [[Lusaka]] elke eerste en derde Sondag van die maand 'n erediens in die Sun-hotel by die [[Victoria-waterval]]<ref>http://www.drcz.ng.org.za/html/liv_ed.html</ref> kom hou.
 
== Lusaka ==
Teen 1959 was daar elf gemeentes in die destydse [[Noord-Rhodesië]] met sowat 3&nbsp;300 lidmate, waarvan twee in die hoofstad [[Lusaka]] was: die [[NG gemeente Lusaka|moedergemeente]] en haar dogter, Lusaka-Oos. Dié stad is in 1913 tot dorp verklaar. Teen 1912 was daar reeds meer as 250 [[Nederduitse Gereformeerde Kerk|NG lidmate]] in die latere [[Noord-Rhodesië]] en na raming was 'n kwart van die blankes wat teen 1913 in die distrik Lusaka gewoon het, NG lidmate. Lusaka is op [[26 Junie]] [[1919]] afgestig. Die hoeksteenlegging van die kerkgebou, die eerste in [[Noord-Rhodesië]], het plaasgevind op [[11 September]] [[1920]] en die inwyding op [[7 Mei]] [[1921]]. Dit was aan die [[Great North Road]] geleë en in 1966 aan die [[Heilsleër]] verkoop. Die argitek, [[Wynand Louw]], het die plan gratis voorsien en die olielampe vir die kerk is geskenk deur die NG gemeente [[Mosselbaai]]. Die [[pastorie]] is op [[15 November]] [[1925]] in gebruik geneem. Ná Lusaka-Oos by Lusaka ingelyf is, het die gemeente oorgetrek na eersgenoemde se gebou in Kabulongaweg, waar dit vandag nog gesetel is.
 
Soos al die ander Zambiese gemeentes het die gemeente hom altyd op die geestelike versorging van Afrikaanse lidmate van die NG kerk toegespits en al sy dienste was in [[Afrikaans]]. Maar sedert 1991 het 'n verandering begin intree toe mense vir [[Engels]]e dienste begin vra het. Sporadiese Engelse dienste in van 1992 af gehou en in 1995 besluit die kerk om 'n volledige Engelse bediening te begin. Die gemeente is in 'n Engelse en Afrikaanse blok verdeel, elkeen met sy eie kerkraad, maar gemeenskaplike sake het hulle op 'n gesamentlike kerkraadsvergadering behandel.
 
Die NG Kerk het sedert 1995 gereeld met die [[Nederduitsch Hervormde Kerk|Hervormde Kerk]] beraadslaag oor moontlike samewerking in [[Zambië]]. Die NH Kerk se eens aktiewe gemeente het mettertyd gesukkel om lewensvatbaar te bly omdat ook sy lidmate deur die jare al hoe minder geword het. So bereik die twee kerke aan die einde van 1997 'n ooreenkoms waarvolgens hulle 'n nuwe gemeente sou stig waarin albei kon saamwerk om NG sowel as Hervormde lidmate in die hele [[Zambië]] te bedien. Die naam van die nuwe kerk was Dutch Reformed Church in Zambia (DRCZ) met sy grense dieselfde as dié van die land. Zambië is in 'n noordelike en suidelike deel verdeel, met die dorp [[Kapiri Mposhi]] as skeidslyn. Die NG Kerk moes die suidelike predikant voorsien en die Hervormde Kerk die noordelike.
 
Van 1996 tot 1998 het 'n redelike aantal Engelssprekende lidmate van die [[Zambië#Godsdiens|Reformed Church in Zambia]] (RCZ), wat in die omgewing van die kerkgebou gewoon het, lidmate van die DRCZ Lusaka geword. Dié gebeurtenis het grotendeels aanleiding tot die gemeente se Engelse naam en die invoer van 'n tweetalige bediening gelei sodat die gemeente nou inheems en multi-kultureel is. Dit steeds die enigste gemeente in die land met 'n Afrikaanse en Engelse bediening.
 
Lusaka en Nkhana tree in 'n groot mate selfstandig op, maar handhaaf noue bande met die NG sowel as Hervormde Kerk en woon ring- en sinodesittings van albei kerke by. Die DRCZ beskou homself ook as baie naby aan die [[Reformed Church in Zambia|RCZ]], maar probeer nog om sy verhouding met dié kerk te herstel na dit deur die jare versleg het.
 
== Nk(h)ana stig weer af ==
In [[1998]] verdeel die gemeente in twee, toe Dutch Reformed Church in Zambia Nkhana (nou met die "h") afstig en die moedergemeente '''Dutch Reformed in Zambia Lusaka''' word. Die twee gemeentes het in [[2009]] altesaam 459 belydende lidmate en 159 dooplidmate. Lusaka het sy eie leraar en 'n pastorale hulp en Nkhana word deur 'n leraar van die [[Nederduitsch Hervormde Kerk]] bedien. Ds. Nico Mostert was die eerste leraar van DRCZ Lusaka en ds. Riaan Botha van DRCZ Nkhana.
 
== Bronne ==
* [[Phil Olivier|Olivier, ds. P.L.]] (samesteller), ''[[Ons gemeentelike feesalbum]]''. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
 
== Verwysings ==
{{reflistVerwysings|2}}
 
== Sien ook ==
* [[Gereformeerde kerk Lusaka]]
 
== Eksterne skakel ==
* [http://drcz.ng.org.za/index.html Lusaka-gemeente se webtuiste]
* [http://nkana.drcz.ng.org.za/ Nkhana-gemeente se webtuiste]
* [http://www.ngkerk.org.za/abid/gemeentes/soek.asp?page=6&gemeente=zambia Amptelike inligting op NG Kerk se webtuiste]
 
[[Kategorie:Nederduitse Gereformeerde Kerk in Zambië| ]]