Verskil tussen weergawes van "Sirië"

293 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
k
Sirië as staat binne sy huidige grense het ná groot kulturele omwentelinge in die 19de eeu en die dikwels gedwonge vestiging van Tsjerkessiese en Armeense vlugtelinge ná die val van die Osmaanse Ryk ontstaan, aanvanklik nog as mandaatsgebied wat vanaf 1920 deur Frankryk geadministreer is en sodoende onder sterk Europese invloed gekom het. Op 17 April 1946 het Sirië ná 'n rewolusie sy onafhanklikheid as Siriese Arabiese Republiek verklaar.
 
ġ=== Etniese en godsdienstige struktuur ===
[[Lêer:Kessab19.JPG|duimnael|Armeense kerk in Kessab]]
[[Lêer:Armenian Cathedral Deir Ez Zor.jpg|duimnael|Monument vir die slagoffers van die [[Armeense volksmoord]] in [[Turkye]] buite die 15de eeuse Katedraal van die 40 Martelaars in Deir Ez-Zour]]
[[Lêer:Syria_Ethno-religious_composition..jpg|duimnael|'n Etno-religieuse kaart van Sirië. Sommige waarnemers voorspel 'n "Balkanisering" van die land, dit wil sê die verbrokkeling van Sirië as 'n politieke entiteit en die vorming van kleiner deelstate langs etnies-godsdienstige lyne]]
Sirië se huidige bevolking van 22 miljoen bestaan uit meer as vyftien verskillende etniese en godsdienstige groepe. Die meerderheid Siriërs is van Arabiese afkoms, met sterk minderhede van Koerde, Armeniërs, Toerkmene, Tsjerkesse, Arameërs en Assiriërs. Daar is geen amptelike statistieke oor Sirië se etniese en godsdienstige struktuur nie, en alle gegewens vir die verlede en die huidige tydperk in hierdie artikel berus op beramings.<ref>Vergelyk byvoorbeeld: ''The International Religious Freedom Report for 2011 issued by Bureau of Democracy, Human Rights and Labor/U.S. Department of State, Syria: Executive Summary'', [http://www.state.gov/documents/organization/193119.pdf www.state.gov] (2 Januarie 2013); ''Minority Rights Group International, Syria Overview'', Oktober 2011, [http://www.minorityrights.org/5266/syria/syria-overview.html www.minorityrights.org] (2 Januarie 2013)</ref> Koerdiese Siriërs is die grootste etniese minderheid met tussen tien en twaalf persent van die totale bevolking. Hulle is grotendeels in die noorde en noordooste van die land asook in die twee grootste stede Aleppo en Damaskus saamgetrek. Bekende stede en nedersettings in die Koerdiessprekende landsdele sluit al-Hasaka, al-Qamishli, Amuda, Afrin en Kurd Dagh ("Berg van die Koerde") in.
 
105 071

wysigings