Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

k
+ skakels
Singapoer se strafwette, waarvolgens die doodstraf onder meer vir die onwettige besit van bepaalde hoeveelhede dwelmmiddels outomaties opgelê word, word veral deur Westerse regerings en organisasies gekritiseer. In verhouding tot sy bevolking is in Singapoer sedert 1991 die hoogste aantal teregstellings aangeteken.<ref>[http://www.amnesty.org/en/library/info/ASA36/001/2004 ''Amnesty International: Singapore - The death penalty: A hidden toll of executions'']</ref>
 
Die inwoners van Singapoer is 'n mengelmoes van verskillende etniese groepe, alhoewel etniese [[Han-Sjinese]] meer as driekwart van die totale bevolking verteenwoordig. Ander belangrike groepe sluit [[Maleiers]], Indiërs[[Indië]]rs, Pakistani[[Pakistan]]i's en [[Sri LankaneLanka]]ne in. Meer as veertig persent van die bevolking is Boeddhiste, terwyl Moslems en Christene 14 persent, Taoïste sowat agt en Hindoes vier persent van die bevolking verteenwoordig.
 
Singapoer is naas die [[Republiek van Sjina|Republiek van Sjina]] op [[Taiwan (eiland)|Taiwan]] een van twee gebiede buite die Sjinese stamland wat in politieke opsig deur [[Han-Sjinese]] oorheers word.<ref>Schöller, Peter; Heiner Dürr en Eckart Dege (reds.): ''Fischer Länderkunde. Boekdeel 1: Ostasien''. Frankfurt am Main: Fischer Taschenbuch Verlag 1987, bl. 211</ref>
 
== Etimologie ==