Verskil tussen weergawes van "Termodinamiese stelsel"

geen wysigingsopsomming nie
(Skakels)
'n '''Termodinamiese stelsel''' is 'n toestel of kombinasie van toestelle wat [[materie]] bevat en wat bestudeer word.
 
Die woord ''toestel'' kan hier baie ruim geïnterpreteer word. Die koelkas, die reageerbuis, die menslike liggaam, die [[aarde]] of die [[melkweg]] of selfs die [[heelal]] kan almal 'toestelle' wees. Die res van die heelal, buite die stelsel wat ons bestudeer word die '''omgewing''' genoem.
 
Daar is verskeie soorte stelsels:<ref>{{Ref:Atkins}} p 64.</ref>
 
* '''geïsoleerde''' stelsels kan geen hitte, [[werk]] of materie met die omgewing uitwissel nie
* '''geslote''' stelsels kan hitte of werk met die omgewing uitwissel, maar nie materie nie
* '''oop''' stelsels kan hitte, werk en materie met die omgewing uitwissel
 
Die grense tussen stelsel kan '''beweegbaar''' of '''staties''' wees.