Verskil tussen weergawes van "Sirië"

1 289 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
 
Die ontwaking van 'n nuwe nasionale Arabiese bewussyn, waarna in Arabies as ''nahda'' verwys is, was 'n beweging met baie fasette. Dit was onder meer gemik op die vernuwing van literatuur, kultuur en taal, maar het hom ook beywer vir politieke en godsdienstige hervormings binne die bestaande Osmaanse en Arabiese raamwerk van nasionale, kulturele en religieuse identiteite.
 
=== Die Eerste Wêreldoorlog ===
Die Eerste Wêreldoorlog het vir die Siriese bevolking honger en ontbering gebring. Honderdduisende het aan wanvoeding en siektes beswyk, terwyl duisende jong mans gedwing is om in die Osmaanse leër diensplig te doen. Naas die oorlogshandelinge is die land deur politieke onluste geraak. Arabiese elites, veral intellektueles en offisiere, het hulle vir die onafhanklikheid van Sirië beywer, dikwels deur geheime organisasies te stig. Alle pogings, om selfregering te wen is deur die Osmaanse goewerneur van Damaskus bloedig onderdruk.
 
Die Verenigde Koninkryk het in dié tydperk 'n twyfelagtige beleid gevolg. So het die Britse Hoë Kommissaris in Egipte sy steun aan Arabiese vryheidsvegters toegesê wat die stigting van 'n onafhanklike Arabiese koninkryk voorgestaan het. In Junie 1916 het die Hasjemitiese Sjerif van Mekka, Husain, die bevolking tot opstand opgeroep.
 
Ander Britse verklarings en ooreenkomste oor die politikeke toekoms van die Arabiese provinsies binne die Osmaanse Ryk, soos die Sykes-Picot-verdrag van 1916 en die Balfour-verklaring van 1917, was onversoenbaar van mekaar. Die verwagtinge, wat die Britse beleid by verskillende groepe gewek het, was egter so onrealisties dat Londen ná die oorlog nie daaraan kon voldoen nie.
 
== Demografie ==