Verskil tussen weergawes van "Abraham Kriel"

156 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
 
Soos soveel ander geboue was die nuwe kerk op Fordsburg in puin. Net twee maande gelede is dit in gebruik geneem, maar nou het daarvan net die mure oorgebly. Een gewel was tot op die helfte weggeslaan. Die deure en vensters was verbrysel en die dak ingedruk binne die mure in. Die lidmate kon min doen om dit te help herstel, want hulle was self in ellende gedompel en moes hulle toespits op die herstel van hulle eie blyplek. Boonop was die meeste van hulle arm. 'n Tent is by die plek opgeslaan en daar is bidure gehou. Talle het om voorbidding kom vra. Mense was oral besig om na hulle dierbares te soek. Huise is in hospitale verander.
 
[[Beeld:Fordsburg se NG kerk, beskadig in die Braamfonteinse ontploffing van 1896.jpg|duimnael|links|320px|Fordburg se kerk ná die dinamietontploffing.]]
 
[[Beeld:Fordsburgkerk ontplof.jpg|duimnael|regs|320px|[[NG gemeente Fordsburg|Fordsburg]] se eerste NG kerkie, waarvoor Kriel die geld help insamel het, is erg beskadig in die Braamfonteinse dinamiet-ontploffing op Woensdagmiddag [[19 Februarie]] [[1896]], skaars twee maande nadat dit in gebruik geneem is.]]
84 871

wysigings