Verskil tussen weergawes van "Pous Johannes XXI"

geen wysigingsopsomming nie
|opvolger=[[Pous Nicolaas III|Nicolaas III]]
|geboortedatum=± [[1215]]
|geboorteplek= [[Lissabon]], [[Portugal]]
|sterftedatum=[[20 Mei]] [[1277]]
|sterfteplek=[[Viterbo]], [[Italië]]
'''Johannes XXI''' was die 187ste [[pous]] van die [[Rooms-Katolieke Kerk]] van [[1276]] tot [[1277]].
 
== Biografie ==
'''Pous Johannes XXI'''<ref>John XXI. (2008). [[Encyclopædia Britannica]]. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.</ref> is gebore as '''Pedro Julião''' (in [[Latyn]] Petrus Iulianus) of '''Pedro Hispano''' of '''Petrus Hispanus''' ongeveer in [[1215]] in [[Lissabon]], [[Portugal]]. Hy is die seun van 'n dokter Julião Rebelo en sy vrou Teresa Gil. Tot in [[2013]] is hy die enigste pous van Portugese afkoms, hoewel [[Pous Damasus I]] as Portugees beskou kan word omdat hy gebore is in 'n gebied wat deesdae in Portugal is. [[Pous Paulus IV]] het wel 'n Portugese grootmoeder aan moederskant gehad. Pedro begin sy studies aan die biskoplike skool by die katedraal van Lissabon en later aan die Universiteit van Parys (ander bronne gee Montpellier). Hy studeer medisyne, teologie, logika, natuurkunde en metafisika. Tussen [[1245]] en [[1250]] het hy bekend geraak as Pedro Hispano omdat hy van Hispania (die Iberiese skiereiland) gekom het. Hy doseer geeeskunde aan die Universiteit van Sienna, waar hy sy boek "Summulae Logicales" (klein logiese somme) 'n teksboek met dertien dele oor die logika van Aristoteles wat nog vir 300 jaar gebruik sal word, skryf. By sy terugkeer na Portugal word hy raadgewer van koning Alfonso III en in [[1273]] aartsbiskop van Braga en kardinaal-biskop van Tusculum. Op [[8 September]] [[1276]]<ref>http://www2.fiu.edu/~mirandas/bios1273.htm#Juliao</ref> volg Pedro [[Pous Adrianus V]] op as Pous Johannes XXI en regeer tot sy dood op [[20 Mei]] [[1277]]. Hy word opgevolg deur [[Pous Nicolaas III]]. Let op dat die voorafgaande pous met die naam Johannes [[Pous Johannes XIX]] was; lees die artikel [[Pous Johannes XX]] om te sien hoekom.
Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig'.
 
== Pontifikaat ==
'''Pous Johannes XXI'''<ref>Kirsch, J.P. (1910). Pope John XXI (XX). In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek September 26, 2008 by: http://www.newadvent.org/cathen/08429c.htm</ref> is op [[20 September]] [[1276]] gekroon. Die pous het dadelik in die bul "Licet felicis recordationis"die streng reëls van die konsilie van Lyon wat bepaal het dat indien daar te lank gedraai word met die verkiesing van 'n pous, die kardinale se kos en drank verminder moes word, versag. Die pous se bewind is sterk beïnvloed deur kardinaal [[Giovanni Gaetano Orsini]] wat hom later sou opvolg as [[Pous Nicolaas III]]. Johannes het probeer om 'n nuwe [[kruistog]] te loods, versoening met die Oosterse Kerk te bewerkstellig en vrede tussen die Christen nasies te handhaaf. Hy het ook probeer om die Tartare te kersten, maar dit was vrugteloos.
 
Een van die omvattendste boeke oor geboortebeperking is deur Pedro Hispano geskrywe. Dit bevat wenke oor voorbehoedmiddels sowel as vrugafdrywing. Hy het raad gegee hoe om menstruasie aan te moedig in sy populêre boek "Thesaurus Pauperum" (Skatkis van die armes).
 
== Bibliografie ==
* Duff, Eamon (2001). ''Saints and Sinners: A History of the Popes'', Yale University Press. ISBN 03000916560-300-09165-6.
* Maxwell-Stuart, P. G. (2002). ''Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present'', Thames & Hudson. ISBN 05000179800-500-01798-0.
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
== Eksterne skakels ==
{{En-Wikisource info|Catholic Encyclopedia (1913)/Pope John XXI (XX)}}
* {{CE|http://www.newadvent.org/cathen/08429c.htm}}
* {{PTA|http://www.cfpeople.org/Books/Pope/POPEp185.htm#T1}}
 
== Nota ==
Saamgestel en vertaal uit die [[:nl:Paus Johannes XXI|Nederlandse]], [[:en:Pope John XXI|Engelse]], [[:de:Johannes XXI.|Duitse]] en [[:fr:Jean XXI|Franse]] wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
 
== Opvolging ==
{{s-start}}
{{s-bef|voor=[[Pous Adrianus V|Adrianus V]]}}
{{s-ttl|titel=Pous (Pontifex Maximus)|jare=[[1276]][[1277]]}}
{{s-aft|na=[[Pous Nicolaas III|Nicolaas III]]}}
|}
 
[[Kategorie:Pouse|Johannes XXI]]
[[Kategorie:Rooms-KatoliekeHeiliges Kerkin die Christendom]]