Verskil tussen weergawes van "Anton Prinsloo"

1 114 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
(Geb.dat. ingevoeg volgens gedrukte teksblad op TV vertoon)
Dr. '''Anton F. Prinsloo''' (*[[1941]], [[Heilbron]], [[Oranje-Vrystaat]],<ref>[[SABC2]] Televisienuus op 24 Februarie 2016</ref> †[[23 Februarie]] [[2016]]) was ’n [[Afrikaans]]e taalkundige, oudvoorsitter van die Taalkommissie en radio- en woordeboekman.
 
Sy eerste twee verhale is in die destydse dagblad ''[[Die Transvaler]]'' gepubliseer toe hy 10 jaar oud was. Met die jare het sy belangstelling in taalwetenskap ál meer toegeneem, maar veral in die oorsprong van Afrikaanse woorde en gesegdes. HyPrinsloo washet ondervoorsitter’n enhele vanpaar 1999jaar totlank 2003by voorsitterdie [[Woordeboek van die TaalkommissieAfrikaanse Taal]] (WAT) gewerk voor hy landwyd as fooftaaladviseur van die SAUK en omroeper bekendgeword het. Hy is op [[Suid-Afrikaanse1 AkademieApril]] vir[[1985]] Wetenskapas senior mederedakteur aangestel en Kuns]]het waardie hypos prof.tot [[Johan31 CombrinkAugustus]] opgevolg[[1987]] beklee. Tydens sy jare op Stellenbosch het sy diédoktorsgraad seaan skielike[[Unisa]] doodverwerf. Hy washet ook voorsitterdie vanWAT diese Taaladviesraadtaalnavrae vanhanteer en het navorsers gesaghebbende taalvoorligting gegee. Ook het hy skakelwerk vir die [[SAUK]]WAT gedoen.
 
Nadat hy by die SAUK begin werk het, het hy die Afrikaanse taal op ’n wye front gedien. Die ervaring wat hy as leksikograaf opgedoen het, was duidelik sigbaar in baie publikasies wat met die jare verskyn het, onder meer die grootse daarvan, "Annerlike Afrikaans". Hy was as skrywer betrokke by een van die WAT se satellietpublikasies, naamlik die ''Etimologiewoordeboek van Afrikaans Supplement'', en het tot met sy afsterwe opgetree as redakteur van die nuwe, bygewerkte ''Etimologiewoordeboek'', wat na verwagting kort na sy dood sou verskyn.
 
Hy was ondervoorsitter en van 1999 tot 2003 voorsitter van die Taalkommissie van die [[Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns]] waar hy prof. [[Johan Combrink]] opgevolg het ná dié se skielike dood. Hy was ook voorsitter van die Taaladviesraad van die [[SAUK]].
 
Uit sy pen het ’n aantal artikels vir taalvaktydskrifte verskyn, ses boeke (onder meer ''Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom'' en ''Bygelowe en waar hulle vandaan kom'') en ’n gereelde rubriek, ''Taalkruie'', in [[Volksblad]]. Hy het eerbewyse ontvang van die Akademie, die [[ATKV]] en die [[FAK]].
 
Dr. Prinsloo is oorleef deur sy vrou, Frieda, en kinders.
 
== Bronne ==
84 357

wysigings